Leesplan inligting

Kan Ek Werklik Sonde En Versoeking Oorwin?Voorbeeld

Can I Really Overcome Sin and Temptation?

DAG 1 VAN 5

Kan Ek Werklik Sonde En Versoeking Oorwin?


In 1 Samuel 13:14, het die profeet Samuel vir Saul, die koning van Israel, vertel dat hy vervang gaan word want: "... Die Here sal vir Hom 'n man na sy hart soek. Die Here sal hóm aanstel as regeerder oor sy volk ...”



Dekades later, knoop hierdie man na God hart egter 'n verhouding met 'n getroude vrou aan, wat in 'n swangerskap eindig, en hy het ook die moord van haar man beplan, sodat hy haar as sy vrou kon vat.



In hierdie een voorval het koning Dawid nege van die tien gebooie gebreek:



10: Hy het iemand anders se vrou begeer.



9: Hy het vals getuienis oor sy sonde afgelê.



8: Hy het haar vir homself gesteel.



7: Hy het egbreuk gepleeg.



6: Hy het haar man vermoor.



5: Hy het nie sy vader en moeder geëer nie.



2: Hy het 'n afgod van Batseba gemaak.



1 en 3: Hy het God en sy Naam skande aangedoen.



Sover ons weet het Dawid dit darem nie op die sabbatdag gedoen nie.



Hoekom het 'n man na God se hart dit gedoen?



Hoekom sondig ons? Hoe kan ons versoeking oorwin? Wat doen ons wanneer ons nie versoeking kan oorwin nie?



Ons gaan dit vir die volgende vier dae bespreek.



Verwag dat Jy in Versoeking gaan Kom


"Nadat die duiwel met al die versoekings klaar was, het hy Jesus 'n tyd lank met rus gelaat” (Lukas 4:13). As ons Here versoek is, gaan ons ook versoek word.



Die duiwel bestaan en hy haat jou. Jy is sy vyand. Jesus waarsku ons dat die duiwel "was van die begin af 'n moordenaar" en "hy is 'n leuenaar en die vader van leuens" (Johannes 8:44). Hy "loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind" (1 Petrus 5:8). Hy versoek en bedrieg almal van ons.



Hier volg die rede waarom: “Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood” (Jakobus 1:15).



Skryf dit neer: sonde vat jou altyd verder as wat jy wou gegaan het, hou jou langer as wat jy wou gebly het en kos jou meer as wat jy wou betaal het.



Altyd.



Vra maar vir koning Dawid. Lees 2 Samuel 12 vir die vernietigende nagevolge.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Can I Really Overcome Sin and Temptation?

Het jy jouself al af gevra: "Hoekom worstel ek nog steeds met daardie sonde?" Paulus het self so gevra in Romeine 7:15: “Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis d...

More

Ons wil graag Denison Forum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek hulle by http://www.denisonforum.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid