Leesplan inligting

Kan Ek Werklik Sonde En Versoeking Oorwin?Voorbeeld

Can I Really Overcome Sin and Temptation?

DAG 2 VAN 5

Is Daar Werklik 'n Kreatuur wat die Satan Genoem word?


Ons moet die Satan bespreek om sonde te bespreek. Dit is onmoontlik om sy werk te ignoreer: gebroke harte en huise, mishandeling, siektes en onsedelikheid. Die lys is lank en tragies. 



Die Satan bestaan en is oorwin. Hy wil hê jy moet glo dat nie een van die bogenoemde die waarheid is nie, maar dis jou keuse. Ek bid dat hierdie leesplan God se waarheid aan jou sal openbaar.



Die Satan bestaan


Die Satan het verskeie name in die Bybel. Die twee wat die bekendste is: "die Satan" en "die duiwel." Die eerste beteken “aanklaer” en is vier-en-dertig keer geskryf in die Bybel — die een wat ons aankla en mishandel. Die duiwel is 36 keer in die Nuwe Testament geskryf en beteken letterlik “lasteraar”



Die Satan is ook bekend as die “slang van ouds,” die “groot draak,” en die “bose.” Jesus se beskrywing van die Satan se doen en late in Johannes 8:42–47 is 'n skrikwekkende oorsig.



Eerstens, eis die Satan elke siel wat nie gered is nie vir homself.


In Johannes 8, verwys die Here na sy vyande as kinders van die duiwel, hy is hulle "vader" (v. 44). Hy is die “god van hierdie wêreld” (2 Korintiërs 4:4), die “owerste van hierdie wêreld” (Johannes 12:31) in wie se mag die hele sondige wêreld is (1 Johannes 5:19). Christene lewe in 'n wêreld wat gedomineer word deur die Satan. Ons is soldate wat op vyandelike grond gestasioneer is, ons woon in a besette land.



Tweedens, verblind die duiwel ons vir die waarheid.


Hy is “'n leuenaar en die vader van die leuen” (Johannes 8:44). Dit is hoekom die mens wat nie die Gees van God het nie, nie die dinge van die Gees van God kan verstaan nie (1 Korintiërs 2:14). Die Satan wil die saad van die woord opraap voordat dit die harte bereik wat dit die nodigste het (vergelyk Matteus 13:1–9).



Derdens, jok die Satan oor die Woord van God.


Van Genesis 3 af tot vandag toe, manipuleer hy die waarheid van die Woord om ons van koers af te gooi. Die een wat die Bybel aangehaal het om Jesus te probeer verlei (Matteus 4:1–11), sal die Woord van God misbruik om ons ook te verlei. Nie alles wat ons hoor wat geleer word as die waarheid is werklik die waarheid van God nie. Ons vyand kan die Bybel beter aanhaal as wat ons kan, maar altyd vir 'n wreedaardige einde.



Vierdens, is die duiwel 'n "moordenaar van die begin af” (Johannes 8:44).


Die Satan is 'n brullende leeu opsoek na iemand om te verslind (1 Petrus 5:8). Diegene wat in sy diens is neem deel aan fisieke, emosionele en seksuele mishandeling teenoor mekaar en die res van ons. Hulle meester wil niks minder hê as dat die mensdom en veral God se volk vernietig word nie.



Vyfdens, die Satan regeer demone.


Hulle is sy handlangers en voetsoldate in sy oneindige stryd teen die Here en sy kinders.



In wese, staan die Satan God teë.


In Johannes 8, het hy die godsdiensleiers geïnspireer om Jesus se dood te soek. Later het hy hulle gelei om ons Here te kruisig.



Die Satan is die teenoorgestelde van God op elke manier:




  • Die Here is die lig; die Satan is duisternis.

  • God is 'n heilige, omvattende vuur; die duiwel is sonde, afskuwelik en siek.

  • God is die gees; die Satan is onheilige vlees.

  • God is lief vir jou; die Satan haat jou.

  • God het sy enigste Seun vir jou gegee; die Satan wil jou siel vat.

  • God is jou Vader; die duiwel is jou vyand.


Die Satan bestaan, maar jy moenie vergeet nie: hy is ook alreeds oorwin.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Can I Really Overcome Sin and Temptation?

Het jy jouself al af gevra: "Hoekom worstel ek nog steeds met daardie sonde?" Paulus het self so gevra in Romeine 7:15: “Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis d...

More

Ons wil graag Denison Forum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek hulle by http://www.denisonforum.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid