Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 7 VAN 30

Die Krag van ons Bestaan


Daar is miljoene mense in Nederland wat die goeie nuus van die evangelie moet hoor, om weer betekenis, die waarheid en vrede te vind. So baie gemeenskappe herken skaars die waarde van 'n lewe wat ten volle in geloof gelewe word. Die uitdaging wat deur sekularisme na die mense van Europa gebring is, saam met die veranderende kultuur en sosiale werklikhede, moet as 'n uitdaging en inspirasie tot aksie gesien word. Christene behoort dit as 'n geleentheid te sien om 'n dinamiese teenwoordigheid in die omgewing buite die kerk te verteenwoordig. 


Evangelisasie is deesdae vir Europa eerder 'n kwessie van 'n bestaan as om iets te doen. Individue wat deelneem aan die hervorming van Europese samelewings, deur hul geloof kragtig uit te leef, is die beste manier om 'n ware en broodnodige her-evangelisasie van hierdie kontinent te sien gebeur.


Dis nou die tyd vir gelowiges in Europa om doelgerig op te tree — om te herontdek wat dit deesdae beteken om 'n Christen in hierdie deel van die wêreld te wees en kwessies aan te spreek wat weer betekenis in mense se lewens sal bring.


Staan daarom 'n oomblik af om 1 Korintiërs 9:19–23 te lees waar die apostel Paulus oor die krag van ons bestaan skryf. Die voorbeeld is gestel. Ons moet nou hierdie uiters belangrike manier van evangelisme beoefen.


Gebedsversoeke 


· Bid dat die kerk dapper genoeg sal wees om die volle evangelie te verkondig.

· Bid dat Christene sal weet wie hulle in Christus is en besef dat hulle eintlik goeie nuus het om te bring.
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid