Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 8 VAN 30

Die Seders van die Here

Libanon is bekend vir sy bergreekse wat die inwoners 'n unieke landskap bied in vergelyking met ander Arabiese lande in die omgewing. Dis ook bekend vir sy kos, soos tabboulehslaai en hummus. Tog is Libanon heel moontlik die bekendste vir sy sederbome, wat volop is op die bergpieke en die embleem op die landsvlag is. In die Baroukdistrik staan die sederbome bekend as die "seders van die Here”. Daar is twee uitstaande kenmerke omtrent hierdie bome wat hulle hierdie titel besorg het en waaruit ons waardevolle lewenslesse kan leer.


Eerstens, soos die meeste bome, as 'n seder begin groei, is dit gewoonlik breër aan die onderkant en dunner aan die bokant. Soos die sederboom ouer word (sommige word duisende jare oud) word die bopunt al dunner. Al is die sederbome van Libanon groot, bly hulle in eerbied vir hulle Skepper. Hoe ouer die sederboom word, hoe nouer word dit aan die bokant, wat as 'n daad van aanbidding en onderwerping aan sy Skepper gesien kan word. 


Toe Job probeer sin uitmaak het van al die moeilikhede waarvoor hy te staan gekom het, het hy tot die slotsom gekom dat "wysheid in die gryse ouderdom kom en insig na baie jare" (Job 12:12).


Tweedens: die meeste mense het al die uitdrukking "hangende vrugte" gehoor. Tog is dit nie van toepassing op die sederboom nie, want anders as ander bome waar die vrugte van die takke afhang, staan die sederboom se vrugte regop, amper soos 'n persoon wat 'n vrug aan 'n vriend aanbied. Volgens plaaslike inwoners weerspieël dit die sederboom wat sy vrugte aan sy Skepper teruggee. 'n Erkenning van Wie die eer vir die vrugte kry.


Die skrywer van Psalm 92:13–16, verklaar gepas:
“Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon. Hulle vind hulle krag in die huis van die Here en groei op in die tempel van ons God. Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees. So sal blyk dat die Here regverdig is, dat daar by Hom geen onreg is nie. Hy is my rots.”

Hierdie beelde van die seders van die Here weerspieël beide 'n houding van onderwerping aan en erkenning van God se oppermag. Onderwerping aan die Here behels dat ons verstaan dat al ons seëninge en voorspoed van God se oorvloedige genade afkomstig is. Ons moet erken dat die vrug van ons arbeid nie 'n weerspieëling van ons vermoë is om suksesvol te wees nie, maar eerder van die Here se oorvloedige liefde vir diegene wat Hy geskape het.


Gebedsversoeke 

· Kinderhuwelike is tans nog wettig, gesinsgeweld word nie as 'n misdaad gereken nie en daar word nie hard probeer om mensehandel stop te sit nie. Vrouens in hierdie land het gevolglik 'n groot risiko om uitgebuit te word.
· Bid vir die 1.5 miljoen Siriese vlugtelinge in Libanon.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid