Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 9 VAN 30

Iets Nuuts


Sjina is 'n land met groot kulturele verskeidenheid. Die mense in die Noordooste is bekend daarvoor dat hulle baie openhartig en sosiaal is; die mense in die suidooste neig om versigtig te wees wat hulle sê en hoe hulle dinge sê. Mense in die suidweste, waar daar 'n baie vogtige klimaat is, geniet dikwels lekkernye met speserye daarin. 


Oor die afgelope vier dekades was daar buitengewone vordering in die ekonomiese ontwikkeling, maar die mense se harte was leeg. Die groei van die metropolitaanse stede soos Beijing, Shanghai en Guangzhou is in skrille teenstelling met die suidwestelike bergagtige dele. As gevolg van ouers wat noodwendig regdeur die jaar in die stede moet werk, word sestig miljoen kinders in die platteland by hulle grootouers of op hul eie agtergelaat. 


Sjinese pas baie vinnig by nuwe idees en tegnologie aan. Gesinne lewe onder spanning terwyl hulle die voordele van verstedeliking geniet. Deugdes soos harde werk, harmonie en vriendelikheid kom al 'n lang pad, maar met die vinnige verstedeliking word hierdie tradisionele waardes in gevaar gestel.


Sedert die tagtigerjare was daar 'n groot herlewing regoor die land. Baie kerke is gestig as gevolg van mense wat in woonstelle bymekaar gekom het, plekke in kantoorgeboue is gehuur of gekoop om in kerk te hou en daar is ook baie megakerke in die groot stede met gemeentes van tussen 500 tot 1 000 lidmate. Oor die afgelope jare moes stedelike megakerke egter vinnig veranderinge aan hul kerkstrategieë aanbring. 


In Sjinees beteken die woord krisis letterlik "gevaar en geleentheid". Saam met die veranderinge is daar baie leiers wat die visie het om 'n impak te maak in die gemeenskappe waar hulle geleë is.


“Kyk, Ek gaan iets nuuts doen”
— Jesaja 43:19.

In plaas daarvan om oorweldig te word deur die beperkinge, staan mense verbaas oor die nuwe dinge wat God besig is om in hulle lewens te doen. Hulle vreugde word meer terwyl hulle die lewe en werk saam beleef om sodoende meer mense in Sjina te bereik.


Gebedsversoeke

· Bid vir die broers en susters om sterk en dapper te wees en te weet dat groter dinge nog gaan gebeur!

· In die lig van die huidige situasie, het die Sjinese kerk nuwe, innoverende maniere nodig om die volgende geslag te bereik.
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid