Leesplan inligting

Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy VerskilVoorbeeld

How To Love People You Disagree With

DAG 2 VAN 5

Betoon Respek


Wanneer ons respek aan iemand betoon, beteken dit dat ons vir die persoon agting het. Al stem ons nie met iemand se standpunt saam nie, kan ons die ander persoon nog steeds met respek behandel. Dit gaan nie daaroor om respek te voel nie, maar om dit te betoon.



As jy wil leer hoe om iemand te respekteer, bestee dan tyd saam met iemand van wie jy verskil. Dit kan uitdagend wees om respek te betoon aan iemand wat jy dink se mening of geloofsoortuiging heeltemal verkeerd is. Daar is 'n paar dinge wat ons kan doen as ons met mense te doen kry wat nie dieselfde lewensuitkyk of geloofsoortuiging as ons het nie. 



Vra Vrae Op 'n Respekvolle Manier

Wanneer ons vrae met respek vra, sal ons agterkom hoekom iemand glo wat hy glo. Dit gee ons 'n kykie in hul siel en denke, en laat ons toe om hulle werklik te verstaan. In plaas daarvan om neerhalend te wees as iemand sy opinie lug, kan jy eerder die volgende vrae vra: "Hoe het dit gebeur dat jy glo wat jy glo?" Ons toon respek aan ander as ons werklik wys dat ons hulle respekteer, in die manier waarop ons vrae vra en beantwoord. 



Moenie Gemeen Raak Nie

Om van iemand te verskil is nie 'n groot ding nie en kan maklik hanteer word as ons nie opgewerk raak nie. Ons raak ongelukkig maklik omgekrap as iemand nie dieselfde standpunt as ons het nie. Wanneer dit gebeur, praat ons te veel en wys ons omgekraptheid in ons gesigsuitdrukkings. Dit kan veroorsaak dat ons op 'n stadium kom wat versoening belemmer word en dit dalk heeltemal onwaarskynlik maak. Dink na oor hoe jy behandel wil word. Los gemeenheid uit meningsverskille. 



Moenie Redekawel Nie

Die meeste redenasies is nutteloos. Ons het elke dag net 'n beperkte hoeveelheid energie. Dis van geen waarde om dit te vermors op tydrowende redenasies nie, selfs nie eens op sosiale media nie. Ons sal dan niks oorhê om aan die mense te gee wat die naaste aan ons is nie. Jy sê dalk: "Ek wil hê hulle moet my standpunt verstaan!" Hoekom? Om die argument te wen? Om slimmer te klink? Ons kan nie mense verander nie. Ons kan net onsself verander en kies hoe ons reageer. Moenie toelaat dat mense wat graag redeneer, jou optrede beïnvloed nie. As die ander persoon net wil redeneer, dan mors jy tyd om vrae te vra. Wanneer iemand in jou lewe jou irriteer, of dit 'n familielid of kennis is, oorweeg dit eerder om weg te loop van die redenasie af. Sulke optrede bou nie 'n brug in 'n verhouding nie. Dit sal eerder meer spanning op die verhouding plaas.



As volgelinge van Jesus behoort ons die standaard vir respek te stel, omdat Jesus in ons lewens teenwoordig is. Hy dwing ons nie om Hom te volg nie, maar het aan die kruis vir ons gesterf, sodat ons Hom sal wil volg. Kom ons verteenwoordig Hom so goed as moontlik, wanneer ons in aanraking kom met mense wat Hom ken en ook dié wat Hom nie ken nie. Ons gesprekke met ons medegelowiges moet liefdevol geskied en ons moet nie van nie-Christene verwag om soos Christene op te tree nie. Wanneer ons mense met respek behandel, kan ons vertrou dat God in die omstandighede sal werk.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How To Love People You Disagree With

Selfs met agt miljard mense in die wêreld, is daar niemand wat altyd, heeltemal, oor alles met jou sal saamstem nie. Ons uitkyk op sosiale ongeregtighede, politiek, huidige gebeure en godsdiens, is uniek vir elke individ...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid