Leesplan inligting

Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy VerskilVoorbeeld

How To Love People You Disagree With

DAG 1 VAN 5

Geroep om Lief te Hê



Ons sal nooit geheel en al met 'n ander persoon oor alles saamstem nie. Nie eens ons gade of beste vriend nie. Van die ongeveer agt miljard mense wat nou op aarde is, is daar nie 'n enkele persoon presies soos jy nie. Dit beteken daar sal niemand wees wat dieselfde uitkyk op die lewe, politiek, geld, verhoudings of godsdiens het as jy nie. Jy is uniek en so ook die persoon langs jou. 



Al is ons almal verskillend, kan ons mekaar nog steeds liefhê. Hoekom is dit belangrik om vir mense lief te wees, al stem ons nie oor alles saam nie? Dis omdat Jesus ons daarvoor geroep het. Hy het gesê: "Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê" (Johannes 13:34). Toe Jesus ons die opdrag gegee het om mekaar lief te hê, het Hy nie gesê ons moet eers met hulle saamstem nie. Hoe lyk liefde dan? 



Liefde dink eers aan ander.

Liefde soek die beste in iemand.

Liefde betoon respek.

Liefde smag na eenheid.

Liefde is nie selfsugtig nie.

Liefde gee die beste.

Liefde is geduldig.



Om ander lief te hê, gaan met pyn gepaard. Jy moet jouself gee om lief te kan hê. Liefde beteken jy moet jou hart oopmaak vir iemand wat jou moontlik kan seermaak. Liefde beteken om onselfsugtig te wees en om eers aan ander se behoeftes te dink voor jy aan joune dink. Ons sal nooit iemand kan liefhê sonder 'n mate van ongemak nie. Dis nie maklik nie en soms onnatuurlik, maar as volgelinge van Jesus, is ons geroep om ander lief te hê. Selfs mense met wie ons nie saamstem nie. Veral mense met wie ons nie saamstem nie. 



Daar sal altyd dinge wees waaroor ons sal moet "saamstem om oor te verskil." Dit kan die manier wees waarop ons ons finansies hanteer — sommige mense verkies om skuldvry te leef, en ander nie. Dit kan die besluit wees wanneer ons die dag wil begin of eindig — party mense gaan vroeg bed toe, terwyl ander laat wakker bly. Dit kan ook iets meer ernstig wees, soos politiek, sosiale kwessies of die huidige gebeure. Dit is moontlik om ander lief te hê al verskil jy van hulle. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How To Love People You Disagree With

Selfs met agt miljard mense in die wêreld, is daar niemand wat altyd, heeltemal, oor alles met jou sal saamstem nie. Ons uitkyk op sosiale ongeregtighede, politiek, huidige gebeure en godsdiens, is uniek vir elke individ...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid