Leesplan inligting

Wanneer Jy God Nie Verstaan NieVoorbeeld

When You Don't Understand God

DAG 1 VAN 5

Die Geldigheid van die Bybel



Ons kan met redelike sekerheid aanneem dat almal êrens in hul leeftyd vrae oor God sal hê. Dit mag wees dat hulle God bevraagteken oor iets wat gebeur het, of oor sy bestaan. Mense bevraagteken nie slegs vir God nie, hulle vra ook dikwels vir Christene vrae oor God. Dit is waarom ons moet weet wat ons glo, en hoekom. 



Voordat ons egter die vrae pak, moet ons weet wat die bron is vir die waarheid waarna ons soek. Is dit 'n werklik intelligente persoon wat honderde jare gelede geleef het, 'n spesifieke geloofstelsel wat gewild geword het, of iets wat gedurende die laaste eeu vorendag gekom het? Vir die volgeling van Jesus, is die Bybel die bron van waarheid. 



Die Bybel, waarna ook algemeen verwys word as die Woord van God of Die Skrif, is ons gids, en is 'n sleutelkomponent om ons te help om tot Jesus te nader en met Hom te wandel. Alhoewel dit nie al ons vrae beantwoord nie, bied dit wel rigting oor wie God is, hoe om met ander in 'n verhouding te wees, hoe om doelgerig te leef en hoe om die ewige lewe te verkry. Die waarheid wat ons in die Woord van God vind, sal ons help om die vrae wat baie mense steeds teister, te hanteer. Kom ons gesels eers oor wat dit is.



Die Bybel bestaan uit ...




  • ... 66 verskillende boeke …

  • ... geskryf oor 'n tydperk van 1500 jaar …

  • ... in drie tale …

  • ... deur meer as 40 verskillende skrywers …

  • ... wat op drie verskillende vastelande geleef het …

  • ... almal deur God geïnspireer.


Alhoewel hierdie boeke onafhanklik van mekaar geskryf is, word van een tema dwarsdeur die Ou en Nuwe Testament gepraat: die verlossing van die mensdom deur ons Redder, Jesus Christus.



Daar is meer as 300 profesieë in die Ou Testament wat die lewe en werk van Jesus voorspel, en elkeen daarvan is in sy lewe vervul. Met al die verskille wat bestaan oor hoe en wanneer die Bybel geskryf is, blyk dit onmoontlik te wees dat die meeste van die profesieë deur die skrywers voorspel is, en kon hulle ook nie met mekaar saamgesweer het nie. 



Ons sal 'n paar vrae in die volgende dae van hierdie leesplan bespreek, en die laaste dag gebruik om te leer saamleef met die spanning van die vrae wat onbeantwoord bly. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

When You Don't Understand God

Ons almal het al vrae oor God gehad — sommige is beantwoord, en sommige nie. Die waarheid wat ons uit die Bybel leer sal ons help om antwoorde op baie van ons vrae te vind. Die antwoorde wat ons net nie kan kry nie, asoo...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid