Leesplan inligting

Eerder Geloof as VreesVoorbeeld

Faith Over Fear

DAG 5 VAN 5

Dag 5



Ons geloof is die grootste wapen wat ons besit. Ons mag dalk nie altyd so vol krag voel nie, maar wanneer ons in geloof optree, is daar niks wat ons nie kan oorwin nie. Die krag van ons geloof het die vermoë om die wêreld te oorwin (1 Johannes 5:4). 



Matteus 8 wys vir ons 'n voorbeeld van iemand wat 'n groot geloof gehad het. 'n Soldaat het na Jesus toe gekom en hom gevra om sy slaaf gesond te maak. Toe Jesus instem om na sy huis toe te gaan, het die hoofman geantwoord dat dit nie nodig was nie. Jesus kan maar net die woord spreek en sy slaaf sal gesond word.



Jesus was verwonderd en het almal vertel dat Hy nog nooit by iemand so 'n groot geloof teëgekom het nie. Jesus was omring deur baie mense wat Hom gevolg het, wat die wonderwerke gesien het wat Hy verrig het en wat heelhartig in Hom geglo het. Iemand wat egter net een keer met Hom kontak gehad het, was die een wat Jesus gesê het die grootste geloof openbaar het. 



Hoe word 'n groot geloof gevorm? Deur honderde hoofstukke van die Bybel te lees? Deur vir ure lank elke dag te bid? Deur verskeie kere per week kerk toe te gaan? NEE! Om kerk toe te gaan, die Bybel te lees en te bid, is alles baie wonderlike dinge wat ons gereeld behoort te doen, maar dit is nie 'n aanduiding van hoeveel geloof ons het nie. 



Groot geloof word verkry deur die aanhoor van die Woord van God, te glo dat dit waar is en te reageer op dit wat ons gehoor het. Die ware toets om te sien of ons iets glo, is ons reaksies gedurende moeilike tye. As Jakobus 2 sê: "Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?"



As ons glo dat God in ons behoeftes sal voorsien, selfs al weet ons nie hoe Hy dit gaan doen nie, sal ons kies om in sy belofte te berus, eerder as om ons te bekommer oor hoe ons situasie lyk. As ons glo dat Hy ons nooit sal verlaat nie, sal ons kies om in tye van nood in sy teenwoordigheid vertroosting te vind. As ons God vertrou, sal ons geloof bo vrees kies.



Wanneer dít wat ons glo, in lyn is met ons woorde en dade, sal ons die krag kry wat ons nodig het om vrees en angstigheid te kan oorwin. Dit maak nie saak wat in ons lewens gebeur nie, ons kan ons geloof versterk en vertroue vind in die feit dat Jesus wat in ons leef, alreeds die wêreld oorwin het.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Faith Over Fear

In tye van onsekerheid, kan dit maklik wees om oorweldig te voel. Die nuus, sosiale media en die mense om ons, kan ons angstig of bekommerd laat voel tydens gebeurtenisse wat 'n groot impak op ons maak. In sulke tye wann...

More

Ons bedank graag vir Leading And Loving It, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.leadingandlovingit.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid