Leesplan inligting

Eerder Geloof as VreesVoorbeeld

Faith Over Fear

DAG 2 VAN 5

Dag 2



Wat is geloof? As jy 'n vertrek vol mense vra wat geloof is, mag jy baie verskillende definisies kry. 



"Geloof is die dinge waarop ons hoop, die bewys van dinge wat ons nie kan sien nie." 



"Geloof behaag God." 



"Ons is veronderstel om in geloof te leef en nie volgens dit wat ons sien nie." 



"Ons beskerm onsself met die skild van geloof." 



Dit is almal goeie antwoorde. Terwyl almal waar is, is dit belangrik om duidelik te kan omskryf wat geloof is. Hoe sal ons dan anders kan weet of ons dit het of nie?



Matteus 9 vertel die verhaal van twee blinde mans wat na Jesus toe gekom het om te vra dat Hy hulle sal genees. Jesus vra hulle toe: "Glo julle regtig dat Ek julle kan gesond maak?" Toe hulle bevestigend antwoord, het Hy hulle gesond gemaak en gesê: "Wat julle glo, sal gebeur."



In Johannes 20 het Jesus aan die dissipels verskyn nadat Hy uit die dood opgestaan het, maar Tomas was nie saam met hulle nie. Sonder fisieke bewyse het Tomas geweier om te glo dat Jesus vroeër by hulle was. Agt dae later het Jesus weer aan hulle verskyn en vir Tomas gesê: "Moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig."



Regdeur die Nuwe Testament het Jesus die woorde geloof en glo met mekaar afgewissel. Daarom kan geloof eenvoudig gedefinieer word as: "om te glo". Wat jy glo, is jou geloof.



Die geloof wat ons in Jesus as ons Here en Redder het, is dieselfde geloof wat ons kan hê in elke belofte wat ons in sy Woord vind. Jesus het vir sy dissipels gesê dat, as hulle net 'n klein bietjie geloof gehad het, niks vir hulle onmoontlik sou wees nie. Dieselfde is waar vir ons. Ons kan glo daar is vrede midde-in die grootste storm. Ons kan glo dat God groter is as enigiets wat ons in die gesig moet staar. Ons kan glo dat ons tot alles in staat is deur Christus. 



Soek beloftes in die Woord van God en beoefen jou geloof deur te glo dat dit waar is!


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Faith Over Fear

In tye van onsekerheid, kan dit maklik wees om oorweldig te voel. Die nuus, sosiale media en die mense om ons, kan ons angstig of bekommerd laat voel tydens gebeurtenisse wat 'n groot impak op ons maak. In sulke tye wann...

More

Ons bedank graag vir Leading And Loving It, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.leadingandlovingit.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid