Leesplan inligting

Eerder Geloof as VreesVoorbeeld

Faith Over Fear

DAG 3 VAN 5

Dag 3



Die grootste vyand van ons geloof is vrees. Wanneer ons moeilike omstandighede in die gesig staar, probeer vrees ons harte en gedagtes binnedring om ons geloof in Jesus te oorheers. Net soos lig die teenoorgestelde van donkerte is, so is vrees die teenoorgestelde van geloof. 



Markus 5 vertel die storie van 'n man met die naam, Jaïrus. Hy het vir Jesus opgesoek omdat sy dogter siek was. Jesus het ingestem om na sy huis te gaan. Terwyl hulle op pad was, is hulle onderbreek deur 'n vrou wat dit gewaag het om na Jesus uit te reik en die soom van sy kleed aan te raak. Sy is dadelik genees. Jaïrus moes opgewonde gewees het toe hy hierdie wonderwerk sien afspeel. Jesus was op pad na sy huis, dus sou sy dogter sekerlik ook genees word! Net toe kom iemand na Jaïrus toe en vertel vir hom die verskriklike nuus dat sy dogter oorlede is. Dadelik sê Jesus: "Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo." Jesus het geweet dat Jaïrus nodig gehad het om 'n mate van geloof te handhaaf, dus kon hy nie vrees 'n houvas gee nie. 



Vrees probeer om ons iets anders te laat glo as wat God sê. As iemand in 'n donker vertrek sou staan en 'n vuurhoutjie aansteek, sou die lig die donkerte verdryf. Soos die kleinste ligstraal die duisternis verbreek, so verbreek die kleinste straal van geloof ook die vrees. Psalm 56 sê wanneer ons bang is, moet ons ons vertroue, of geloof, in God plaas. Ons kan glo dat Hy groter is as enigiets wat óm ons gebeur. 



As ons na alles kyk wat vandag in die wêreld gebeur, kan dit maklik wees om vrees, angs of bekommernis toe te laat om ons gevoelens te beheer. Tog moet ons geloof in God eerder ons gevoelens beheer. Ons moet na die beloftes in die Woord van God kyk sodat ons geloof in sy vermoë om ons te help, kan vermeerder.



Filippense 4:6 gee ons die sleutel om vrees te oorkom: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend." Dit mag dalk so eenvoudig klink, en dit is. Wanneer ons voor die versoeking te staan kom om bekommerd te wees, kan ons in plaas daarvan ons sorge aan die Here gee en Hom dank dat Hy in ons behoeftes voorsien. Ons gee uitdrukking aan ons geloof wanneer ons vir God by voorbaat dank dat Hy getrou aan sy woord is. Die neweproduk om dit 'n gereelde gewoonte te maak, is dat God se vrede in ons gedagtes kom woon, ons vrese stilmaak, ons harte kalmeer, en ons geloof versterk.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Faith Over Fear

In tye van onsekerheid, kan dit maklik wees om oorweldig te voel. Die nuus, sosiale media en die mense om ons, kan ons angstig of bekommerd laat voel tydens gebeurtenisse wat 'n groot impak op ons maak. In sulke tye wann...

More

Ons bedank graag vir Leading And Loving It, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.leadingandlovingit.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid