Leesplan inligting

Eerder Geloof as VreesVoorbeeld

Faith Over Fear

DAG 1 VAN 5

Dag 1



In tye van onsekerheid kan 'n mens so maklik oorweldig voel. Die nuus, sosiale media en die mense om ons, kan ons angstig of bekommerd laat voel tydens gebeurtenisse wat 'n groot impak op ons maak. In sulke tye wanneer dit voel asof ons geen beheer oor dinge het nie, kan ons 'n plek van vertroosting en vrede in die Woord van God vind. 



In Johannes 16 gesels Jesus met sy dissipels voor Hy die aarde verlaat. Hulle het ook onseker tye in die gesig gestaar. Hulle leier gaan hulle verlaat. Hulle gaan dinge op hulle eie moet doen. Hulle het gekyk hoe Hy vervolg, geslaan en gekruisig is en nou is hulle veronderstel om aan te gaan met sy missie. Kan jy jou voorstel hoe hulle gevoel het? Tien teen een meer as net 'n bietjie bang, gespanne en angstig. Nie alleen het hulle groot skoene gehad om vol te staan nie, maar daar was ook 'n kans dat hulle in die proses sou kon doodgaan.



Jesus bemoedig en bemagtig hulle wanneer Hy hierdie woorde in vers 33 vir hulle sê:  "Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin."



Dieselfde woorde is vandag nog op ons van toepassing. Jesus het nooit beloof dat probleme nie oor ons pad sou kom nie, maar Hy het belowe dat Hy ons in staat sal stel om vrede te midde daarvan te kan ervaar. Hy belowe ons dat Hy groter is as enige situasie wat ons in die gesig mag staar en ongeag wat oor ons pad kom, ons kan berus in die wete dat "Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is."



Na beraming word die frase "moenie vrees nie" 365 keer in die Bybel genoem! Dit sou aandui dat ons baie geleenthede kry om te vrees, maar net soveel geleenthede om daardie vrees te oorwin. As God ons 'n opdrag gegee het in sy Woord, sal Hy ons ook die vermoë gee om dit te kan uitvoer. Wanneer Hy sê: "moenie vrees nie", beteken dit dat Hy ons die vermoë gee om vrees uit ons lewens te kan verwyder.



Die maklikste manier om weg te beweeg van vrees, is om in geloof op te tree. Romeine 10:17 vertel ons geloof kom deur die prediking wat 'n mens hoor, en dit is die verkondiging van Christus. Ons kan vrees beveg en geloof in die bladsye van ons Bybel vind. Vind Skrifgedeeltes wat oor vrees praat en lees dit vandag hardop vir jouself. Kyk hoe die vrees verdwyn!


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Faith Over Fear

In tye van onsekerheid, kan dit maklik wees om oorweldig te voel. Die nuus, sosiale media en die mense om ons, kan ons angstig of bekommerd laat voel tydens gebeurtenisse wat 'n groot impak op ons maak. In sulke tye wann...

More

Ons bedank graag vir Leading And Loving It, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.leadingandlovingit.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid