Leesplan inligting

Wees Lief Vir MekaarVoorbeeld

Love One Another

DAG 4 VAN 5

Daar Is Dus Nou Geen Veroordeling Nie 



"Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie" (Johannes 8:1).



Daar is geen veroordeling in Christus nie. Daar is geen veroordeling in liefde nie. Volgens Strong se konkordansie is die Griekse woord vir "veroordeling" 'katakrima(G2631), wat "verdoemende vonnis" beteken. Wanneer ons in Christus glo, is die verlede vergete. Die skuld, skaamte en verlies van die verlede is geskiedenis deur Christus. Die gewig van die verlede is verbreek deur die bloed van Jesus Christus. Sy liefde breek die juk. Sy liefde verlig elke las. Jy begin nuut in Hom. 



Psalm 103:12 verklaar: "So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af." Sy liefde verwyder alle oortredinge van die verlede. Sy liefde bevry ons van die tronk van die verlede. Veroordeling hou ons gevange. Veroordeling herinner ons aan ons skuld, skaamte en verliese van die verlede. Liefde breek die las en krag van veroordeling. Nahum 1:13 verklaar: "Ek breek nou die juk wat op jou is, Ek vernietig die bande wat jou bind." Sy liefde sal elke juk van ons en ons familie breek. 



Efesiërs 4:29 verklaar: "Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom." Laat sy liefde al ons kommunikasie deurvleg. Laat liefde jou hart lei. Laat liefde jou taal lei. Voor jy uit bitterheid reageer — laat liefde jou hart lei. Voor jy uit afguns reageer — laat liefde jou hart herstel. Laat die skaamte, skuld en veroordeling van die verlede gaan — kies om jouself oor te gee aan Christus.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Love One Another

Vance K. Jackson lei ons in hierdie kragtige en bevrydende toewyding, Wees Lief vir Mekaar. Kies om lief te hê in tye van chaos. Kies om lief te hê in tye van onsekerheid. Kies om lief te hê wanneer dit nie maklik is nie...

More

Ons bedank graag vir Vance K. Jackson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.VanceKJackson.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid