Leesplan inligting

Wees Lief Vir MekaarVoorbeeld

Love One Another

DAG 3 VAN 5

God is liefde.



"Hierin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê" (1 Johannes 4:8).



God is liefde. Johannes 1:14 verklaar: "Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid." Jesus Christus is God se liefde in die vlees. Elke aksie wat Jesus aangepak het op aarde was omdat Hy ons liefhet. Elke genesing wat Hy uitgevoer het, was uit liefde vir ons. Elke woord wat Hy uit sy hart gespreek het, was uit liefde. Kies om die hart van God uit te leef. Kies om oor die ewige lewe te praat. Kies om uit liefde te praat. 



Liefde breek die juk. Liefde breek siklusse. Liefde verwoes vestings. Liefde oorwin. Liefde herstel. Liefde sal jou vrymaak. Liefde maak jou weer heel. Moenie die verlede se gewig saamdra nie. Kies om lief te hê. Liefde sal jou onderhou. Liefde sal jou nooit verlaat nie. Liefde sal jou dra. Liefde sal jou uit die donkerste put uithelp. Liefde sal die tronk se deure oopbreek. Kies om lief te hê.



Galasiërs 5:1 verklaar: "Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie." Liefde kan alle slawerny verbreek. Moenie verstrengel bly in die verlede nie. Moenie vasgevang bly in die druk van die verlede nie. Moenie vasgeketting wees aan dit wat jy verkeerd gedoen het in die verlede nie. Laat liefde elke skakel wat jou hart aan die verlede vasmaak, breek. Laat die verlede gaan. Wees vry en beweeg vorentoe in liefde. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Love One Another

Vance K. Jackson lei ons in hierdie kragtige en bevrydende toewyding, Wees Lief vir Mekaar. Kies om lief te hê in tye van chaos. Kies om lief te hê in tye van onsekerheid. Kies om lief te hê wanneer dit nie maklik is nie...

More

Ons bedank graag vir Vance K. Jackson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.VanceKJackson.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid