Leesplan inligting

Wees Lief Vir MekaarVoorbeeld

Love One Another

DAG 1 VAN 5

Wees Lief vir Mekaar



"As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is" (Johannes 13:35).



Julle liefde vir mekaar wys vir die wêreld dat julle dissipels van Christus is. Kies om lief te hê. Kies om lief te hê in tye van chaos. Kies om lief te hê in tye van onrustigheid. Kies om lief te hê wanneer dit nie van pas is nie. Kies om lief te hê al is dit nie wenslik nie. Kies om die liefde van Christus altyd uit te straal. 



Johannes 13:35 verklaar: "As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is." Hou aan om die liefde van Christus uit die hart uit te straal teenoor mekaar. Kies om onbaatsugtig te wees. Kies om God se liefde in tye van onrus uit te straal. Laat God lei en versag jou hart in elke tydperk van jou lewe. 



Johannes 13:35 verklaar: "As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is." Volgens Stong se konkordansie is die Griekse woord vir "dissipel" 'mathētēs'(G3101), wat beteken "Ieerder of leerling". Leer om soos Christus lief te hê. Skoei jou lewe op die voorbeeld van Christus. Lei soos Christus. Laat Christus al jou kommunikasie lei. Laat Christus jou taal lei. Laat Christus jou aksies lei. Skoei jou op Hom. Kies om onbaatsugtig te wees.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Love One Another

Vance K. Jackson lei ons in hierdie kragtige en bevrydende toewyding, Wees Lief vir Mekaar. Kies om lief te hê in tye van chaos. Kies om lief te hê in tye van onsekerheid. Kies om lief te hê wanneer dit nie maklik is nie...

More

Ons bedank graag vir Vance K. Jackson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.VanceKJackson.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid