Leesplan inligting

Wees Lief Vir MekaarVoorbeeld

Love One Another

DAG 2 VAN 5

Vergewe



"Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: 'Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?' Jesus antwoord hom: 'Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer'" (Matteus 18:21-22).



Kies om te vergewe. Kies om telkemale te vergewe. Kies om dikwels te vergewe. Kies om jou eggenoot te vergewe. Kies om jou ouers te vergewe. Kies om jou vyande te vergewe. Vergewe dié wat teen jou opstaan. Kies om dié wat teen jou saamsweer te vergewe. Kies om dié te vergewe wat jou misbruik. Kies om te vergewe — laat God jou hart herstel.



Om te vergewe, is 'n keuse. As jy vergewe, bevry dit jou van die emosionele tronk van jou verlede. Om te vergewe, maak jou los van die slawerny van jou sonde uit die verlede. Kies om te vergewe en verlos jou hart van die bitterheid en dit wat jou vashou in die verlede. Laat sy Woord jou hart versag. Laat sy Woord jou hart lei. Laat sy liefde elke area van jou hart verander. Liefde bou. Liefde verander. Liefde herstel. Liefde sal jou vrymaak. 



Romeine 5:8 verklaar: "Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was." Toe ons nog sondaars was — het God ons liefgehad. Toe ons nog sondaars was — het Christus namens ons gesterf. Toe ons op die verkeerde pad was — het Christus se bloed ons vrygekoop. Kies om te vergewe en los die verlede agter jou. Kies om te vergewe en laat die bitterheid van die verlede gaan. Kies om te vergewe en laat God jou ten volle herstel.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Love One Another

Vance K. Jackson lei ons in hierdie kragtige en bevrydende toewyding, Wees Lief vir Mekaar. Kies om lief te hê in tye van chaos. Kies om lief te hê in tye van onsekerheid. Kies om lief te hê wanneer dit nie maklik is nie...

More

Ons bedank graag vir Vance K. Jackson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.VanceKJackson.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid