Leesplan inligting

Hoop is 'n Persoon Voorbeeld

Hope Is a Person

DAG 5 VAN 5

Hou hoop lewendig



Verbeel jou saam met my hoe Paulus, wat in 'n donker tronksel sit, deur die tralies na die Romeinse wagte kyk wat in die uniform van hulle tyd geklee is. In Efesiërs 6, beskryf hy 'n hele lys van geestelike beskerming, deur dit met die soldate se wapenrusting te vergelyk. 



“Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel!” (vers 11).



Alhoewel elke deel na my mening uiters belangrik is, is die "verlossing as helm" waarvan hy in vers 17 praat, die noodsaaklikste in die geveg. Die helm beskerm ons denke — die beheersentrum van ons gevoelens, ingesteldhede, emosies en keuses — sodat ons nie sal saamstem met die massa gedagtes wat deur die vyand na ons gegooi word nie. Sonder hierdie sterk beskerming sal ons ons gevoelens en emosies toelaat om ons ingesteldhede en keuses te lei. Ons moet daarvan bewus wees wanneer ons hoop aangeval word, om na ons helm van verlossing te gryp en dit op te sit. 



Jesus het ons verlossing vir ons verdien — ons redding van die ewige dood en ons brug na Vader God — deur sy lewe op te offer as plaasvervanging van ons eie. Hy het ons met 'n duur prys gekoop en ons is nou Syne. Dikwels vergeet ons dat Jesus die dood oorwin het en hoop vir ons verseker het — wat nooit sal eindig nie. Deur uit hierdie geskenk te lewe, is die beste beskerming teen die vyand wat daarop uit is om ons hoop te steel en ons geloof dood te maak. Die redding wat vir ons behaal is, bepaal nie net ons erfporsie nie, maar ook ons identiteit. Hierdie helm beskerm ons dwalende gedagtes en bring dit terug in pas met ons verlossing, terwyl ons onthou wie ons is en wat Hy vir ons gegee het. 



Elke hoop wat ons het kan slegs ten volle geanker wees in ons "hoop op redding" want Jesus is die hoop van ons redding. Dat Hy ons van die dood verlos het, is nie net 'n belofte wanneer ons lewens verby is nie. Oorvloedige lewe — geloof in Hom — is 'n belofte wat nou begin. Deur in Hom te hoop, hou ons geloof lewendig wanneer ons kies om ons verwagtinge volgens sy karakter te bepaal — sy betroubaarheid, getrouheid en liefde vir ons.



Selfs al is die draadjie van ons hoop dun en uitgerafel en ons drome en verwagtinge is weg, is dit nie vir ons te laat nie! Ons moet styf kan vashou aan iets sterker as ons eie teleurstellende gedagtes, iets wat bo ons verwagtinge is. Jesus is ons veilige noodlyn wat strek tot by die stewige Anker van God se liefde. Hoop sal lewendig bly wanneer ons kies om dit met albei hande aan te gryp, want sy hoop hou ons regop wanneer ons lewens 'n omwenteling ondergaan, wanneer ons "alledaagse lewe" verwoes word en nie aan ons verwagtinge voldoen nie. 



Ons treur oor ons verliese terwyl ons in hoop vorentoe beur. Vorentoe is 'n goeie plek om na uit te sien, want Jesus is alreeds daar, wagtend met nuwe barmhartigheid en oorvloedige genade vir die volgende tydperk. Hy nooi ons, “Kom, volg My”. 



Wanneer ons deur verlossing vertrou dat God in ons môre is, dan sal ons die vertroue vind om vandag te hanteer. Wanneer ons ons laaste asemteug aan hierdie kant van die paradys neem, sal ons volgende asemteug in sy glorieryke teenwoordigheid wees. Hy is ons Hoop! 



Hoop is die daad om te glo dat God jou van hier af ... tot daar sal kry. Hoop in Hom strek verder as die teleurstellings van vandag en bied oortuigde hoop vir die moontlikhede van môre, want Hoop is 'n Persoon. 



“en mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!”


‭‭Romeine‬ ‭15:13.‬ ‭



Kom met Robin op Instagram in aanraking: @manymeadows of manymeadows@gmail.com



 Ons hoop dat hierdie leesplan jou bemoedig het. Ondersoek ander YouVersion hulpbronne


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is a Person

Wanneer ons alledaagse lewe verwoes word deur lewensveranderde ervarings dan voel ons vrees, angs, hartseer en teleurstelling en uiteindelik lei dit ons na wanhoop. Ons hoop en drome vervaag deur die harde werklikheid va...

More

Ons wil graag Robin Medows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://linktr.ee/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid