Leesplan inligting

Hoop is 'n Persoon Voorbeeld

Hope Is a Person

DAG 4 VAN 5

Mense van Hoop



Ons het verskeie voorbeelde van mense in die Bybel wat intense vrees ervaar het — en dat hulle hoop en geloof gewankel het.



“Hy het teen hoop op hoop geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was: So sal jou nageslag wees.” (Romeine 4:18) Abraham het die belofte ontvang dat hy die vader van baie nasies sou word, maar sy vrou was onvrugbaar. Abraham het bly hoop toe daar geen hoop was nie. Abraham het hoop geaktiveer, want hy was: “... ten volle oortuig dat Hy ook die mag het …”. Die belofte is mettertyd vervul. Tog het Genesis 16:1-2 ons gewys dat Abraham 'n stryd met sy hoop in die wagtydperk gehad het.



In Rigters 6, was die Israeliete so bang vir die aanhoudende vernietiging deur die vyand dat hulle in grotte weggekruip het. In hulle onderdrukking het hulle na God uitgeroep, en God het 'n engel gestuur om vir Gideon opdrag te gee om die altare van die vyande se afgode af te breek terwyl hy sê: "Die Here is met jou dapper held!” Die belofte was egter nie genoeg nie. Gideon se gefrustreerde antwoord was: “Ag, my heer, as die Here met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? ... en, ek self die geringste in my familie.” (Rigters 6:13,15) Gideon het verskeie kere gevra vir bewyse van God se krag en teenwoordigheid. Al het Gideon die vyand verslaan, nogtans het Gideon gesukkel om geloof die oorhand oor sy gevoelens te laat kry



Jeremia het die pyn en stryd geken om in hoop te bly. Nog voordat hy gebore is, is hy deur God geroep om 'n profeet te wees wat die bose sal uitwis en die koninkryk van God opbou. Vir 40 jaar het hy geworstel teen die volk se sonde om hulle na geregtigheid te lei, met hoop op 'n geestelike herlewing. Al sy moeite was nie genoeg nie. Klaagliedere 3 gee 'n duidelike beskrywing van sy eie hartseer en beproewing. “... water het oor my hoof gestroom, ek het gesê: Dit is klaar met my ...” In plaas daarvan om toe te gee aan die waters van wanhoop, het Jeremia onthou van die medelye en getrouheid van God. “... u trou is groot ... Goed is die Here vir die wat op Hom hoop ... Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die Here”. Jeremia het weens sy mislukkings geworstel om te bly hoop.



In Matteus 14 het Jesus sy dissipels opdrag gegee om in die boot te klim en na die oorkant van die meer te vaar. Hulle het Hom gehoorsaam en tot in die middel van die meer gevorder toe 'n sterk stormwind begin waai sodat hulle baie bang geword het! Die dissipels se vrees en onveiligheid het hulle hoop laat wankel. 



Hierdie verhale bewys dat God by jou kan wees, maar dat jy nog steeds in jou geloof kan wankel. Beproewinge en worstelinge beteken nie dat God nie naby is nie en dat jou geloof verdwyn het nie.



Hy het 'n doel met elke storm. Die stryd is partykeer juis die plek waar Hy Homself aan ons openbaar op 'n wyse wat ons Hom nie andersins sou geken het nie. In die verhaal van die dissipels, het Jesus na hulle gekom deur op die water te loop! Hierdie gedeelte vertel ons nie hoe lank die storm geduur het nie. Die belangrikste is dat Hy in hulle angs na hulle op 'n nuwe en kragtige manier gegaan het. Wat ons uit ons beproewinge leer, hang af van waar ons ons hoop plaas. Sal ons hoop wees dat die storms verbygaan en aan ons verwagtinge voldoen word — of sal ons hoop in die enigste Een wees wat die storm kan stilmaak? 



Jesus is by jou en sal jou deurdra. Ons lees ook herhaalde kere van sy getrouheid in die gedeeltes wat nie hier genoem word nie. Hy belowe om jou nooit te verlaat of in die steek te laat nie. Luister in hoop na sy stem en soek Hom op. 



Jou hoop is 'n anker in die storm.  


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is a Person

Wanneer ons alledaagse lewe verwoes word deur lewensveranderde ervarings dan voel ons vrees, angs, hartseer en teleurstelling en uiteindelik lei dit ons na wanhoop. Ons hoop en drome vervaag deur die harde werklikheid va...

More

Ons wil graag Robin Medows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://linktr.ee/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid