Leesplan inligting

Oorwinning Oor Angs Voorbeeld

Victory Over Anxiety

DAG 2 VAN 12

Angs: Wat Dit Is



Wat is angs? As jy dit al ooit in jou eie lewe ervaar het, weet jy eerstehands dat dit baie moeilik kan wees om die wye verskeidenheid gedagtes en gevoelens te definieer wat met hierdie emosie gepaardgaan. Voordat ons verder gaan, wil ek angs vir jou definieer, want ek dink mense moet verstaan ​​wat dit regtig beteken. 



Die woordeboek definieer angs as:



'n Benoude ongemak of senuweeagtigheid, gewoonlik as gevolg van 'n dreigende toestand wat voorsien word; 'n abnormale en oorweldigende gevoel van benoudheid en vrees, wat dikwels gekenmerk word deur fisieke tekens (soos spanning, sweet en verhoogde polsslag), deur te twyfel oor die werklikheid en aard van 'n bedreiging, en deur te twyfel aan jou vermoë om dit die hoof te bied.


As ons aan angs dink, dink ons eintlik aan bekommernis, vrees en onsekerheid oor dinge. Soos ek vroeër in dag 1 se oordenking genoem het, het ek agtergekom dat daar drie hoofareas is waarin hierdie onsekerheid in ons lewens afspeel:




  1. Wanneer ons onseker is oor iets wat tans in ons lewens gebeur.

  2. Wanneer ons onseker is oor iets wat in ons verlede gebeur het en hoekom dit ons aanhou pla.

  3. Wanneer ons oor die toekoms onseker is.



Die belangrikste punt van al ons gevoelens van vrees, angs en onsekerheid, kom op een ding neer: Die vrees om nie in beheer te wees nie. As daar iets buite ons beheer is en ons onseker oor die uitkoms voel, sal dit angs in ons veroorsaak. In die Nuwe Testament beteken die woord angs dat jou aandag afgelei is of uitmekaar geskeur voel ... die teenoorgestelde van vrede. Daardie gevoel van "afgelei" — of "uitmekaar geskeur" — gaan spanning in ons veroorsaak. Daardie spanning, of ons dit nou besef of nie, gaan 'n diepgaande uitwerking op ons lewens hê.



Ons sal meer op angs se verwoestende gevolge op ons gesondheid, in môre se oordenking konsentreer, maar nou wil ek hê jy moet verstaan ​​dat angs jou hele liggaam kan en sal beïnvloed. Dit sal jou liggaamlik siek maak. Dit sal jou gedagtes verdeel. Die toestand van jou denke, sal die algemene gesondheid van jou liggaam uiteindelik bepaal. Daarom is dit belangrik om te weet wat dit is en om te leer hoe om die oorheersende emosie van angs te hanteer.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Victory Over Anxiety

Angs is 'n normale reaksie op onsekerhede in die lewe. Wat ons egter met ons angs doen — en hoe lank ons ​​dit toelaat om binne ons te leef — is wat belangrik is. Sluit by Dr. Charles Stanley aan, waar hy hierdie verniet...

More

Baie dankie aan "In Touch Ministries"wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://intouch.cc/yv-victory-over-anxiety

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid