Leesplan inligting

Ek Is VrygewigVoorbeeld

I'm Generous

DAG 4 VAN 4

Dit Is Meer Geseënd Om Te Gee



By Life.Church sê ons dikwels: “Ons sal die weg aanwys met onbesonne vrygewigheid.” Ons glo werklik dat dit meer geseënd is om te gee as om te ontvang. Ons moes die betekenis van hierdie stelling leer en ons leer nog steeds.



In 2006, het die kerk so vinnig gegroei dat ons skaars kon tred hou met die uitgawes. Daar was ook al meer kerke wat ons hulpbronne wou koop. Ons leierskap het toe besluit om al ons hulpbronne vir gebruik deur enige kerk of bediening — gratis — beskikbaar te stel. Video's, preke, LifeGroup materiaal, 'n kurrikulum vir kinders, en nou toeps (slimfoontoepassings), strategieë om die kerk uit te brei en nog baie meer. Alles gratis. Ons is geëerd om te weet dat meer as 130 000 kerke verlede jaar ons gratis hulpbronne afgelaai het. Tog is die kerk wat die meeste voordeel uit al hierdie gratis hulpbronne getrek het, 'n kerk genaamd Life.Church.



Ons kerk se keuse was nie veel anders as om tiendes te gee nie. Tiende kom oorspronklik van 'n Hebreeuse woord. Regdeur die Bybel word ons daaraan herinner om 'n tiende van ons inkomste aan God terug te gee. Dink daaraan om 'n motor by 'n vriend te leen en dit dan aan hom terug te gee. Dit is nie regtig 'n geskenk wat jy terug gee nie. Jy gee net terug wat jy ontvang het. God voorsien aan ons, en ons gee weer 'n tiende aan Hom terug. God voorsien aan Life.Church, en ons gee wat ons ontwikkel het, weer aan sy wêreldwye kerk terug.



Toe die apostel Paulus vir oulaas met die kerkleiers van Efese gepraat het, het hy gekies om hulle te herinner om hard te werk sodat hulle diegene in nood kon help. Hy het sy woorde herbevestig deur vir Jesus aan te haal: “Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang” (Handelinge 20:35 NLV). Dit mag lyk soos 'n onbesonne manier om te lewe, maar dit is die enigste rasionele reaksie op die buitensporige geskenk: Christus.



Probeer dit: As jy jou tiendes gee, dink daaraan om 'n ekstra gawe vir die werk van God in die wêreld te gee. As jy nie jou tiendes gee nie, probeer 'n proeftydperk en kyk hoe getrou God is.


Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

I'm Generous

Toe jy jou lewe aan God gegee het, het jy by verre die vrygewigste geskenk van alles aanvaar. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal jou help om die enigste redelike reaksie daarop te ontdek. Begin lees uit deel vier...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid