Leesplan inligting

Ek Is VrygewigVoorbeeld

I'm Generous

DAG 1 VAN 4

Vrygewigheid Het Deur God Ontstaan



Toe God die heelal in die lewe geroep het, het Hy niks ontsien nie. Dink aan al die wonderlike gawes: pragtige sonsondergange, bergpieke en diep blou oseane. Dink aan hoe plante suurstof gee, 'n moeder geboorte gee, en water aan alles lewe gee. Trouens, alles wat lewe is — op die een of ander manier — 'n gawe. Hoekom? Want die asem wat dit die lewe in gebring het, loop van vrygewigheid oor. Vrygewigheid het deur ons God ontstaan.



Toe ons deur sonde, fisieke en geestelike dood veroorsaak het, het God weereens op 'n kreatiewe manier lewe gegee. Hierdie keer het Hy sy enigste Seun se onskuldige lewe gegee in die plek van die dood wat ons verdien het — verreweg die vrygewigste geskenk.



Voordat Jesus opgevaar het, het Hy die koms van 'n Trooster, die Heilige Gees, belowe. Die Heilige Gees het kragtige gawes aan volgelinge van Christus gebring om die kerk te bou en die verhaal van Jesus bekend te maak.



Vrygewigheid lê in God se geskiedenis, uit sy hart, deur sy hand; om sy huishouding te bou. Wanneer ons gee, tree ons soos Hy op en ons dra by tot sy werk.



Bid: Vader, dankie dat U my die lewe gegee het, nie een keer nie maar twee keer. Sal U my nou die moed gee om my lewe deur te bring deur aan U terug te gee? Help my asseblief om 'n hart van vrygewigheid te ontwikkel teenoor my naaste, my kerk, my gesin en uiteindelik, teenoor U.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

I'm Generous

Toe jy jou lewe aan God gegee het, het jy by verre die vrygewigste geskenk van alles aanvaar. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal jou help om die enigste redelike reaksie daarop te ontdek. Begin lees uit deel vier...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid