Leesplan inligting

Ek Is VrygewigVoorbeeld

I'm Generous

DAG 2 VAN 4

Die Werkwoord Van Die Bybel



'n Volledige sin moet beide 'n onderwerp en werkwoord hê wat ooreenstem. Die Bybel is nie veel anders nie. Ons God is die onderwerp en sy vrygewigheid die werkwoord. Ons weet ook uit 1 Johannes 4:8 dat God liefde is. Dus, wat gee Hy? Liefde.



Ons kan die Bybel in een sin saamvat: "God gee liefde. ”Hierdie sin herinner ons aan 'n ander: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het …” Hoe het God liefgehad? Hy het nie net "soort van" liefgehad nie, Hy het só liefgehad. Omdat Hy só liefgehad het, het Hy nie net enigiets gegee nie — Hy het Jesus self gegee.



Hoe kan ons dus op God se buitensporige vrygewigheid reageer? Ons kan begin deur sy geskenk te versorg. Wat? Hoe kan ons vir Jesus sorg? In Matteus 25:31-46, vertel Jesus 'n verhaal van skape en bokke. Die skape kom in die hemel, maar nie die bokke nie. Hoe het die skape dit reggekry? Jesus verduidelik: "... want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves …" Die (skape) wat die wil van God gedoen het, sal vra: Wanneer het ons dit vir U gedoen Jesus? Hy antwoord: "... Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen."



Oorweeg: Wie is “die geringste” in jou lewe? Hoe kan jy mildelik aan hulle gee?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

I'm Generous

Toe jy jou lewe aan God gegee het, het jy by verre die vrygewigste geskenk van alles aanvaar. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal jou help om die enigste redelike reaksie daarop te ontdek. Begin lees uit deel vier...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid