Leesplan inligting

Ek Is VrygewigVoorbeeld

I'm Generous

DAG 3 VAN 4

Kies Jou Meester



Ons kan niks doen sonder om te gee nie. Ons gee tyd en moeite aan ons werkgewers. Ons gee woorde en toegeneentheid aan ons verhoudings. Ons gee selfs kos aan ons troeteldiere en geld aan dinge waarin ons glo.



Om te gee is altyd 'n keuse. As ons gekies het om nie in die omstandighede hierbo te gee nie, sou elke situasie vir ons ophou bestaan het. Elke dag wat ons wakker word, is 'n dag wat ons kan kies wat ons sal gee. Die versameling van hierdie daaglikse keuses vorm deel van ons lewens.



Toe ons ons lewens gegee het om Christus te dien, het ons ons keuses gegee om Hom te dien. Jesus het dit verduidelik toe Hy vir ons gesê het dat ons nie vir twee base tegelyk kan werk nie. Jy kan jou dit waarskynlik indink as jy twee direkte toesighouers by die werk gehad het. Net soos base bepaal wat ons by die werk doen, bepaal ons keuses waaraan ons ons lewens toewy. Jesus het vir ons gesê dit is ellendig wanneer ons met ons keuses probeer om twee base te dien. 'n Lewe waarin ons twee base dien, laat ons verdeeld in 'n stryd teen onsself. Dan, net ingeval ons die punt gemis het, sê Jesus reguit vir ons ons kan nie God én geld dien nie.



Jesus sê nie dat ons nie geld mag hê nie. Hy sê ons keuses kan nie beide geld en God dien nie. Beteken dit dat ons geld nie vir God kan dien nie? Nee. Wanneer ons ons keuses aan God gee, gebruik Hy altyd ons geld om ook vir Hom te werk. In 2 Korintiërs 9:6-12, spoor die apostel Paulus die gemeente van Korinte aan om blymoedig en vrygewig te gee omdat God hulle oorvloedig wil seën deur in hulle behoeftes sowel as die behoeftes van ander te voorsien. Ons kan nie vir God en geld dien nie, maar ons kan kies om God met ons geld te dien!



Probeer dit: Ondersoek waar jou geld vir God dien en waar jý geld dien. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

I'm Generous

Toe jy jou lewe aan God gegee het, het jy by verre die vrygewigste geskenk van alles aanvaar. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal jou help om die enigste redelike reaksie daarop te ontdek. Begin lees uit deel vier...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid