Leesplan inligting

Die Nuwe Testament in 90 DaeVoorbeeld

The New Testament in 90 Days

DAG 1 VAN 90

Inleiding tot Matteus



Matteus, ook bekend as Levi, was 'n belastinggaarder van beroep en een van die 12 dissipels wat alles agtergelaat het om Jesus te volg. Daar word beweer dat hy hierdie boek tussen 60-65 n.C. geskryf het. Matteus was 'n getuie van die meeste van Jesus se wonderwerke, die opstanding en hemelvaart. 



Dit word ook algemeen onder geleerdes aanvaar dat Matteus hoofsaaklik aan 'n Joodse gehoor geskryf het. Daar is drie redes vir hierdie aanname: Matteus verwys na meer as 60 Ou Testamentiese profesieë, hy verwys na Jesus as die "Seun van Dawid," en hy verduidelik nie die Joodse kulturele gebruike waarna hy verwys nie. Ondanks die feit dat die boek Matteus die eerste evangelie in die Nuwe Testament is, is dit eers na die boek Markus geskryf. Trouens, ongeveer 97% van die inhoud uit Markus, is in Matteus opgeneem.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The New Testament in 90 Days

Reis oor die volgende 90 dae deur die 260 hoofstukke van die Nuwe Testament. Vanaf die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes tot by die laaste boek, Die Openbaring, sal God met jou praat regdeur die leringe v...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid