Leesplan inligting

Hou Op Om Bekommerd Te WeesVoorbeeld

How to Stop Worrying

DAG 3 VAN 4

Hoe Om Die Bekommernis Siklus Te Stop



Op dag twee het ons baie oor bekommernis geleer. Noudat ons weet, wat doen ons? Ons moet dit herken wanneer ons bekommerd raak en die ongenooide gedagtes vervang met gedagtes wat nie net 'n goeie opbrengs lewer nie, maar ons ook help om in vrede te leef. 



Bid Eerder

In Filippense 4: 6-7 word ons aangesê om nie angstig of bekommerd te wees nie, maar eerder te bid. Makliker gesê as gedaan, is dit nie? Die skrywer Max Lucado het gesê: "Niemand kan bid en terselfdertyd bekommerd wees nie." Ons kies gewoonlik bekommernis in plaas van gebed. Dit is natuurliker vir ons. Kom ons verander dit en maak gebed ons heenkome in plaas daarvan dat bekommernis ons oorweldig. Hoe meer ons bid, hoe minder sal ons bekommerd wees.



Dink Gesonde Gedagtes

Bekommernis laat ons gereeld nadink oor "wat-as" moontlikhede wat dalk nooit eens gaan gebeur nie. As ons dít doen, moet ons ons gedagtes tot stilstand bring en halt roep. Stel jou voor dat jy letterlik die kommerwekkende gedagte uit die lug gryp. In plaas daarvan om na die gedagte terug te gaan, gebruik die Woord van God om jou met waarheid te voorsien, want dit is ons bron van hoop. 



Lewe In Dankbaarheid

Die meeste mense wat in dankbaarheid leef, is gewoonlik vreugdevol. En weet jy wat nog? Hulle bestee gewoonlik nie hul tyd aan kommer nie. Soek dus maniere om dankbaar te wees. Miskien is dit 'n dagboek waarin jy elke dag 'n paar dinge neerskryf. Ons kan God ook elke dag vir sy skepping dank, want dit herinner ons aan hoe ontsagwekkend Hy is.



Dit verg tyd om van bekommernis bevry te word. Ons het die gewoonte geskep om bekommerd te wees, dus laat ons dit ontskep deur hierdie idees aan te wend. Alhoewel dit tyd neem, beteken dit nie dat jy geen sukses sal behaal nie. Wanneer jy bekommernis in sy spore stuit, en in plaas daarvan bid, is dit sukses! As jy faal op die volgende gedagte en jou eerder bekommer, moet jy aan jouself genade bewys. Begin eenvoudig weer. 



Hoe eerliker ons is oor hoeveel ons ons bekommer, hoe meer sal ons dit as 'n normale deel van ons lewens kan uitroei. Bekommernis is normaal, laat ons dus daarna streef om teen “die norm” te gaan. Kom ons kies om eerder te bid, gesonde gedagtes te huisves en God te dank vir die seëninge in ons lewens. 



Oordink




  • Dink aan die een ding waaroor jy jou die meeste bekommer. As dit veroorsaak word deur iets waarna jy luister of kyk, oorweeg dit om die bron te beperk of uit te skakel. 

  • Berei 'n gebed vir hierdie spesifieke bekommernis voor. Wanneer daardie gedagte by jou opkom en jy in die versoeking kom om jou daaroor te bekommer, bid eerder hierdie gebed. Moenie moedeloos word as jy dit 50 keer per dag moet doen nie. Verander jou denkwyse en erken dat jy 50 keer per dag bid!

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How to Stop Worrying

As jy lewe, het jy waarskynlik 'n stryd met bekommernis. Sommige mense is baie bekommerd, terwyl ander net soms toelaat dat kommer hul gedagtes in beslag neem. Dit maak nie saak hoe gereeld of hoe ongereeld dit is nie, d...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid