Leesplan inligting

21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld

21-Days of Praying for Friends

DAG 1 VAN 21

Gebedsgids



Johannes 1:12-13 



"Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore." 



Gebed:



Vader, U is genadig om elkeen te ontvang wat in U glo. U red hulle nie net nie, maar neem hulle as u kinders aan. Hierdie reg om 'n kind te wees, is 'n geskenk wat in geloof aanvaar word. Vader, ek bid dat _______________________ eendag sal glo dat u die Almagtige God is en in geloof ontvang wat U namens hom/haar gedoen het. Ek bid dat U _______________________ se hart ontvanklik sal maak om hierdie diep genade te ervaar wat U vrylik gee. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

21-Days of Praying for Friends

Dikwels is dit vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdi...

More

Ons wil graag New City Delhi bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://www.newcitydelhi.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid