Leesplan inligting

Die boek 1 Korintiërs met Jennie Allen: ’n Video-BybelstudieVoorbeeld

Die boek 1 Korintiërs met Jennie Allen: ’n Video-Bybelstudie

DAG 5 VAN 5

Vind jou doel in Jesus


Paulus het duidelik van die kerk verwag om anders op te tree as die wêreld rondom die kerk. Omdat ons volgelinge van Christus is, moet ons meer soos Hy optree en minder soos dié wat Hom nie ken nie. In vandag se skriflesing herinner Paulus die Korintiërs nie aan wat hulle moet doen nie, maar aan waarom hul Christelike gedrag op die ou end saakmaak. Hy fokus op die basis van ons Christenskap – die opstanding van Jesus.


Hoekom bestee hy so baie tyd (58 verse) aan die opstanding? Onthou, in hoofstuk 1 het hy verduidelik hoe die wysheid van God verskil van die wysheid van die wêreld. In die daaropvolgende hoofstukke korrigeer hy die kerk se begrip van seksualiteit, konflikbestuur, die huwelik, godsdienstige rituele en aanbidding. Maar wat maak al hierdie Goddelike gedrag saak as alles wat ons doen eendag saam met ons gaan sterf? Sommige leermeesters was teen die idee van die opstanding en Paulus se doel was om dit reg te stel.


Met beide Jode en nie-Jode in die kerk in Korinte, het verskillende standpunte oor die lewe na die dood die rondte gedoen. Sommige Jode het die Sadduseërs gevolg, wat liggaamlike opstanding ontken het. Maar baie ander Jode het dit wel geglo. So ook het die Griekse gelowiges uit 'n tradisie gekom wat op die gees of siel gefokus het as die “ware” persoon wat, wanneer dit van die liggaam geskei word met die dood, na die bron terugkeer. Onsterflikheid beteken juis om van die liggaam ontslae te raak.


Paulus sê nee. Ons gaan inderdaad met ons liggame opgewek word wanneer God kom. Hy verduidelik dit so aan hulle (15:12–14):



  • Hy en die dissipels leer ons dat Christus gekruisig is en opgestaan het.

  • As daar vir ons geen opstanding uit die dood is nie, dan het Jesus ook nie opgestaan nie.

  • En as Christus nie uit die dood opgewek is nie, wat maak ons dan hier? Dan is ons geloof op niks gebaseer nie.

  • Maar Christus was inderdaad met sy liggaam uit die graf opgewek. Hoe weet ons dit? Ons het ’n groot aantal getuies (15:5–8) wat kan bevestig dat hulle die lewende Jesus gesien het na sy dood.


Waarom is Jesus se liggaamlike opstanding so uiters belangrik? Waarom is ons nie tevrede met ’n geestelike weergawe daarvan nie (soos sommige vandag nog kies om te glo)? Omdat Jesus deur sy dood en opstanding sy mag oor sonde en die dood gedemonstreer het. Hy het uit die graf gekom as oorwinnaar oor die vyand en Hy nooi ons om by Hom aan te sluit. Hy is die eersteling van dié wat gesterf het (15:20) en ons sal op ons beurt Hom volg. Die opstanding uit die dood gee ons hoop dat die dood nie die ergste ding is wat met ons kan gebeur nie, dat hierdie lewe nie tevergeefs is nie, dat ons ’n ewige doel het.


Omdat hy uit die graf opgestaan het, begin ons ewige toekoms nou. Ons word deur sy Gees bemagtig en met sy liefde gevul. God roep ons om anders te leef – deur middel van ons optrede, woorde en gesindheid. Ons kan weet dat ons “inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie” (15:58).


Baie geluk, jy het die leesplan voltooi! Om tot meer video-Bybelstudies vir jou hele kerk of organisasie toegang te kry, klik hier .

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die boek 1 Korintiërs met Jennie Allen: ’n Video-Bybelstudie

Christenskap vereis opoffering van ons. Ons moet kies tussen ’n lewe vir onsself of vir Christus. Paulus het hieroor geskryf aan mense wat selfgesentreerd geleef het. Hy herinner hulle daaraan om Jesus te volg. In hierdi...

More

Ons wil graag RightNow Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://za.rightnowmedia.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid