Leesplan inligting

Die boek 1 Korintiërs met Jennie Allen: ’n Video-BybelstudieVoorbeeld

Die boek 1 Korintiërs met Jennie Allen: ’n Video-Bybelstudie

DAG 2 VAN 5

Dink soos Jesus


Die wet van skaarsste domineer ons wêreld. Dit is ’n perspektief wat glo dat ons net soveel het vir almal van ons – soveel kos, soveel liefde, soveel voordeel, soveel omgee, ens. Omdat daar min hiervan is, word ons gierig vir wat ons dink die bietjie tot ons beskikking is. Ons leef in vrees, bang dat ons die bietjie gaan verloor wat ons het. Ons onttrek onsself en bewaak ons suksesse en verhoudings en besittings, met geen energie of vertroue om dit te deel nie.


Die samelewing moedig hierdie “ek eerste”-gesindheid aan deur ons te laat glo ons moet meer doen, harder probeer, ten alle koste wen, doen wat dit ook al verg. Dis uitputtend om so te probeer leef.


Jesus het ons gelukkig bevry uit die kettings van ons eie selfsugtigheid. Hy gee vir ons ’n onderstebo-perspektief van hoe die oorvloedige lewe in werklikheid lyk. Hy is mos die gekruisigde Verlosser, die Seun van God wat gekom het om die minste onder ons te dien, wat gepreek het dat die eerste laaste sal wees en dat ware lewe slegs gevind kan word wanneer ons dit verloor het. Sy saligsprekinge (sien Matteus 5 en Lukas 6) is ’n teenstelling van die algemene wysheid van die wêreld, die teenoorgestelde van oorlewing van die sterkste: “Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.” (Matteus 5:5)


In vandag se skriflesing moedig Paulus die Korintiërs aan om te dink soos Jesus dink en nie soos die wêreld nie:


“Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie?” (1:20); “Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, …” (1:25).

Die kruis maak nie sin vir die wêreld sonder die wysheid van God nie. ’n Verlosser wat sterf? ’n Arme leermeester wat tot skande gemaak is, wat as die lewende God aanbid word? Moet ons die ander wang draai wanneer ons aangeval word? Moet ons gee om te ontvang? Hang my redding nie af van hoe slim of sterk ek is nie? Hoe werk dit presies? Dit maak nie sin vir dié wat nie die Gees van God het nie (2:10).


Deur te sterf het Christus ware lewe gebring. Ons het nie die wêreld se wysheid nodig om te floreer nie. Ons hoef nie te vrees dat ’n goeie lewe deur ons vingers sal glip as ons dit nie styf genoeg vashou nie. Jesus, die krag van God en die wysheid van God (1:24), gee vir ons vryheid van onsself wanneer ons na buite onsself kyk en ander begin liefhê en dien.


Omdat Hy gesterf en weer opgestaan het, word die sondes van dié wat in daardie offer glo, weggewas – word dit nie meer teen ons gehou nie. Deur genade verwelkom Hy ons aan sy sy, in die oorvloedige lewe van liefde, vreugde, vrede, omgee en vrygewigheid.


In plaas daarvan dat ons leef onder die neerdrukkende wet van skaarsste, verheug ons ons in die wet van oorvloed. Wanneer ons na die wêreld kyk deur Christus se oë en die wysheid van God in ons omstandighede bring, sal ons selfs in moeilike tye in volheid kan leef.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die boek 1 Korintiërs met Jennie Allen: ’n Video-Bybelstudie

Christenskap vereis opoffering van ons. Ons moet kies tussen ’n lewe vir onsself of vir Christus. Paulus het hieroor geskryf aan mense wat selfgesentreerd geleef het. Hy herinner hulle daaraan om Jesus te volg. In hierdi...

More

Ons wil graag RightNow Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://za.rightnowmedia.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid