Leesplan inligting

Wat beteken dit om Jesus te volg?Voorbeeld

What Does It Mean to Follow Jesus?

DAG 2 VAN 3

Meer van Hom, minder van my



Indien my lewe aan God oorgegee is, is alles reg. Laat ek dit nie teruggryp, asof my lewe in sy hande in gevaar is, maar veiliger in my eie sal wees nie! — Elisabeth Elliot 



Oorgawe



Dit is 'n woord wat baie keer in 'n negatiewe lig gesien word. 'n Oorgawe vind plaas wanneer 'n persoon of groep oorweldig is. Alhoewel dit 'n ware definisie daarvan is, is daar meer daaraan verbonde. Om oor te gee beteken ook "om ten volle oor te gee, veral ten voordeel van iemand anders"



Wanneer ons onsself aan Jesus oorgee, het ons die vermoë om in te stem om ons belange ondergeskik te stel aan sy doel. Ons kies om deel van sy ewige plan te wees. Jeremia 29:11 sê dat sy planne nie skadelik is nie, maar dat dit goed is, en hoop en 'n blink toekoms bring. 



Tog hou ons gereeld aan ons eie agendas vas terwyl ons Jesus probeer volg. Ons wil nie oorgee nie, want ons is oortuig dat ons beperkte visie en wysheid God se onbeperkte en volmaakte strategie oortref. Ons volle oorgawe aan Jesus kom gewoonlik neer op een vraag:



Hoeveel gaan van my verwag word?



En die antwoord is eenvoudig. Alles.



In Markus 8:34-35 lees ons dat, indien ons Jesus se dissipels wil wees en Hom volg, ons onsself moet verloën en ons eie kruis opneem. Die Griekse woord vir verloën in Markus 8 is aparneomai, en dit beteken om "te vergeet van jou eie ek en om jou eie belange uit die oog te verloor". Hierdie twee verse word so opgesom: verloën die eie ek en sterf aan jouself.



Oorgawe aan Jesus beteken om ons eie selfsugtige begeertes opsy te skuif en Hom toe te laat om deur ons te lewe. Dit is om te kies om sy foutlose plan te vertrou, selfs wanneer dit nie vir ons sin maak nie. Dit is om te glo dat ons ewige vreugde belangriker is as eie kortstondige plesier. 



Maar daar is nog 'n vraag wat ons nie vra nie, maar moet vra. Waarmee is 'n lewe gevul wat oorgegee is aan Jesus? Die antwoord is dieselfde. Alles. 



Ons verkry alle geestelike seën van God wanneer ons ophou om ons menslike planne op aarde na te jaag. Ja, ons sal nog steeds moeilike tye ondervind. Laste sal steeds op ons skouers kom lê. Swaarkry sal nog steeds deel van ons lewens wees. Maar deur dit alles heen, kry ons ...



Sy vrede wat ondeurdringbaar is.

Sy vreugde wat onbeskryflik is.

Sy vryheid wat onverklaarbaar is.

Sy liefde wat oorweldigend is.

Sy genade wat vrylik gegee word.

Sy barmhartigheid wat onverdiend is.

Sy teenwoordigheid wat vertroos.

Sy wysheid wat gerusstellend is. 



Alles omdat ons die plan van die God van die heelal vertrou het, in plaas van ons eie plan. 



Indien ons dus wil weet hoe om Jesus te volg, moet ons net vra wie ons lei. Of Jesus lei ons, óf ons lei onsself. Of ons kies Jesus óf ons kies onsself. Dis nie moeilik om te ontsyfer nie; dis net nie maklik om reg te kry nie. Om Jesus te volg, beteken meer van Hom en minder van ons. 



Oordink




  • Dink na oor jou lewe. Beplan jy dit op jou eie, of soek jy God in alles? Dink vandag daaroor na. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

What Does It Mean to Follow Jesus?

Indien jy al ooit gewonder het wat dit regtig beteken om Jesus te volg, is jy nie alleen nie. Ons is geneig om dit moeiliker te maak as wat dit is. In hierdie kort leesplan gaan ons leer hoe Jesus ons roep om Hom te volg...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid