Leesplan inligting

Wat beteken dit om Jesus te volg?Voorbeeld

What Does It Mean to Follow Jesus?

DAG 1 VAN 3

Kom, volg My



Dis nie juis skokkend dat om Jesus te volg teen 'n prys kom nie. Die beste dinge in die lewe kom gewoonlik teen 'n prys — Louie Giglio



Jesus het sy dissipels geroep en die frase "volg my", meer as 20 keer in die Bybel gebruik. In die evangelie volgens Matteus, lees ons dat hulle hul beroepe en families agtergelaat het om Hom te volg. Matteus 4:20 sê: "Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg" en later in vers 22 staan daar: "... en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg."  Daar is nogal iets diepgaande in hoe hulle alles gelos het. Die dissipels het afskeid geneem om Jesus op twee maniere te volg: onmiddellik en ten volle



Hulle het nie getwyfel aan hul besluit nie. Hulle het niks saam met hulle geneem nie. Hulle het nie terug gehardloop huis toe om dié wat hulle lief het te groet nie. Hulle het bloot ja gesê op sy roeping. Oor die volgende drie jaar het hulle alles saam met Jesus gedoen. 



Baie mense sal sê dat wat die dissipels gedoen het radikaal en oordrewe was. En dit was. Om sommer iemand te volg wat net met hulle gepraat het, iemand wat nie soos 'n koning in 'n paleis gewoon het nie, iemand wat saam met hulle grootgeword het en iemand wat saam met hulle mense gedien het, is weergaloos. Tog was hulle gedring om Hom te volg. Daar was 'n onverklaarbare, onbekende mag wat hulle na Jesus toe aangetrek het. 



Wie of wat volg jy? Ons volg almal iets of iemand. Dit kan 'n persoon se onderrig, 'n familie nalatenskap of 'n geestelike filosofie wees. Ons toewyding lê iewers; ons moet net erken waar dit is.



As volgelinge van Christus, is die Iemand wat ons volg, Jesus. Soms raak ons verward oor wat dit regtig vir ons hier op aarde beteken. As jy tien mense vra wat hulle daaroor dink om Jesus te volg, is daar 'n goeie kans dat jy tien verskillende antwoorde gaan kry! Die meeste antwoorde sal met ons dade te doen hê.



Lewe voorbeeldige lewens.

Wees gaaf.

Betoon liefde.

Gaan kerk toe.

Lees die Bybel.

Voed die armes.

Bid vir ander.
 



Daar is ook mense wat vir jou sal sê wat jy nié moet doen nie — vloek, kul, jok, steel, mense seermaak of beoordeel. "Wees net 'n goeie mens," sê hulle. Dan sal daar enkeles wees wat jou sal vertel dat jy jou eie lewe moet aflê om Jesus te volg, sodat Hy deur jou kan lewe. Wat hulle voorstel, is 'n totale oorgawe aan Jesus.



Kom ons delf dieper in wat dit beteken om ons lewens aan Jesus oor te gee terwyl ons Hom op aarde volg — om ons lewens te lei, só diep verbonde aan Hom, dat dit 'n vreugde en eer word om aan jou eie ek vaarwel te sê. 



Oordink




  • Wat voel jy wanneer jy dink aan hoe die dissipels gereageer het op Jesus se oproep om Hom te volg? Voel jy oorweldig of geïnspireerd deur die gedagte om jou lewe ten volle aan Jesus oor te gee?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What Does It Mean to Follow Jesus?

Indien jy al ooit gewonder het wat dit regtig beteken om Jesus te volg, is jy nie alleen nie. Ons is geneig om dit moeiliker te maak as wat dit is. In hierdie kort leesplan gaan ons leer hoe Jesus ons roep om Hom te volg...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid