Leesplan inligting

Ongewone RaadVoorbeeld

Atypical Advice

DAG 5 VAN 6

Moenie huiwer nie. 



Jy weet seker van daardie persone wat na 'n kollege toe gaan wat ver van die huis af is — waar niemand van die hoërskool hulle ken nie? Hulle is baie braaf, nie waar nie? Of selfs hulle wat wegtrek vir 'n nuwe werk of die moed het om iets ongewoon aan te pak. Hulle is dapper. 



Wat as jy nie daardie persoon is nie? Wat as jy bang is om alleen te wees of om na onbekende plekke toe te gaan? Wat as God vir jou sê om te gaan, maar jy net wil bly waar jy is? 



Rut het 'n groot stap geneem en Naomi na haar geboorteland toe gevolg. Sy was 'n uitlander. Sy het die bekende agtergelaat; haar familie, haar god, haar gewone lewe. Rut sal seker vir jou sê: Gaan. 



Nadat hulle hul mans verloor het, het Naomi besluit om terug te gaan na Juda toe. Voor die reis het sy alreeds vir haar twee skoondogters 'n uitkomkans gegee. Sy het uitdruklik vir hulle gesê om in Moab te bly en van haar te vergeet. Orpa het haar 'n drukkie gegee en huis toe gegaan. Rut het aan Naomi vasgehou en gevra dat sy haar nie moes agterlaat nie. Sonder huiwering het Rut besluit om die risiko te neem en te gaan. 



Wanneer ons die onbekende en 'n risiko in die gesig staar, is ons soos Naomi, Orpa, of Rut? As Naomi gee ons ander mense 'n uitkomkans. As Orpa kies ons gemak en die bekende. As Rut vertrou ons op God en beweeg in geloof verder. 



Natuurlik is dit vreesaanjaend en spanningsvol om iets onbekend aan te pak. Dis maklik om in die besonderhede vasgevang te word en jouself daaruit te praat. Ons vra baie vrae, soos: Is daar vir my 'n werk? Waar gaan ons nou eintlik woon? Wat is die presiese plan? Hoe gaan die mense oor 'n vreemdeling in die dorp voel? 



Die vrae hou nie op nie. Maar die eintlike vraag is: Vertrou jy op God? 



As die antwoord ja is, gaan dan. Hy sal die besonderhede uitwerk. Is daar dinge wat jy ter voorbereiding moet doen? Natuurlik! Sal daar tye wees wat God jou vra om te bly? Beslis! Wanneer jy egter voel dat God jou vra om 'n tree in die geloof te neem, fokus op God se leiding, en nie jou persoonlike twyfel nie. 



Oordink: Waar moet jy 'n tree neem? Was daar 'n geleentheid in die verlede waar jy gehuiwer het of nie gegaan het toe jy moes nie? 



Bid: Dankie Vader, dat U my uitstrek. Ek glo dat U my in daardie uitdagende oomblikke van ongemak laat groei. Help my asseblief om u stem duidelik te hoor en te doen wat ek moet doen. Ek weet dat U my treë rig en dat die plan wat U vir my lewe het meer is as wat ek ooit kan vra, dink of my voorstel. Vader, ek vertrou U. Dankie dat U saam met my gaan en voor my uitgaan. In Jesus se Naam, amen.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Atypical Advice

Wat sou Dawid, Moses, Daniël, Petrus, Rut en Jesus vir Millenniërs en/of Generasie Z te sê hê? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan waarin ons ongewone raad vanuit welbekende Bybelstories gee.

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid