Leesplan inligting

Ongewone RaadVoorbeeld

Atypical Advice

DAG 1 VAN 6

Om 'n skaapwagter te wees is nie so sleg nie.



Om uit te vind wat om met jou lewe te doen, is moeilik en nadat jy klaar studeer het, voel dit of die lewe in dolle vaart op jou afkom. Dalk het jy altyd geweet of net onlangs uitgevind waarvoor God jou geroep het. Dalk is jy nog besig om dit te ontdek. Of dalk is die een ding waarvan jy seker is, dat jy nou is waar jy nie vir altyd wil bly nie. 



Dalk is jy vasgevang in 'n werk wat nie so watwonders is nie en net genoeg betaal om te oorleef. Jy vind nie baie vreugde daarin nie. Dalk is jy soos Dawid, wat nadat hy gesalf is, God se roeping gehoor het, maar jy dwaal nog rond. Jy weet dalk glad nie wat om te doen of hoe om uit te vind wat om te doen nie. 



Dawid, die seun wat die reus doodgemaak het, later koning van Israel geword het en genoem is "'n man na God se hart", sal jou dalk hierdie raad gee: Geniet die tydperk waarin jy nou is. 



Dawid sou koning word, maar hy het as 'n skaapwagter begin. Nadat Samuel hom as koning gesalf het, moes hy nog 'n ruk wag voor hy op die troon kon gaan sit. 



Jy gaan dalk die vroeër tye mis as jy eers iets in die lewe bereik het, en hierdie tydperk of plek waar jy nou is, het 'n doel. God het jou vir 'n rede gestuur om 'n skaapwagter te wees. 



Dawid het sy ervarings as skaapwagter gebruik om Goliat te verslaan. En as jy mooi daaroor dink, was hy eintlik nog 'n skaapwagter toe hy koning geword het. Hy het toe net 'n groot nasie gelei en versorg, in plaas van 'n trop skape. Jou huidige situasie berei jou voor vir dit wat later gaan volg. 



In hierdie tydperk leer jy om op God te vertrou en om dankbaar te wees. Ons almal sal daarvan hou om net een oggend wakker te word en alles is soos ons dit wil hê. God wil egter hê dat ons eers groei. Dink daaroor: as jy nie getrou kan wees met die skape wat Hy jou nou gee nie, hoe kan Hy jou later vertrou met die harte en lewens van sy mense? Jy moet eers met 'n bietjie getrou wees, voordat Hy jou met baie kan vertrou. 



Geniet dus die huidige eentonigheid, want God is net besig om jou te help om die vaardighede wat jy later gaan nodig kry, op te skerp en te slyp. Jy kan nie jou doel bereik sonder voorbereiding nie. 



Oordink: Dink aan tydperke in die verlede wat nie juis jou gunsteling tye was nie. Hoe het dit jou voorberei vir waar jy nou is? Dink nou oor jou huidige situasie. Hoe kan dit jou help voorberei vir jou doel op aarde? 



Bid: Dankie Vader, vir die tydperk waarin ek nou is. Dankie dat U besig is om my voor te berei vir my doel. Dankie dat U my vertrou en my nou help groei terwyl ek ____. Ek vertrou U, Here. Ek glo dat alles tot my voordeel uitwerk en dat U 'n plan vir my lewe het. In Jesus se Naam, amen.  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Atypical Advice

Wat sou Dawid, Moses, Daniël, Petrus, Rut en Jesus vir Millenniërs en/of Generasie Z te sê hê? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan waarin ons ongewone raad vanuit welbekende Bybelstories gee.

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid