Leesplan inligting

Ongewone RaadVoorbeeld

Atypical Advice

DAG 2 VAN 6

As jy Jesus het, kan jy die bedrieërsindroom verslaan



In hierdie dae waar ons FaceTune, Photoshop en filters het, is ons gewoond daaraan om dinge oor onsself waarvan ons nie hou nie, te verander. Ons is gewoond daaraan om maskers op te sit en te probeer perfek lyk. Daar is egter geen toep wat ons innerlike kwessies kan regmaak nie. Daar is nie 'n toep wat ons voorkoms kan verander en hoe ons in die regte lewe gesien word nie. Daar is ook geen toep wat die manier hoe God jou sien, kan verander nie. 



Ons is soms hipersensitief oor ons foute en tekortkominge en voel dat ons nie goed genoeg is nie. Ons kan maklik voel ons is nie goed genoeg vir ons gesin, vir God, of enige spesifieke doel nie. 



Hoe kan ons dus selfvertroue hê en die "bedrieërsindroom" oorkom? 



Verbasend genoeg het Moses — die man wat die farao aangevat het, sy eie mense bevry het, die Rooisee oopgekloof het, met God in 'n brandende bos gepraat het en die 10 gebooie neergeskryf het — ook gesukkel om God se roeping te aanvaar. 



Moses het dit bevraagteken of hy die persoon was om al hierdie dinge te doen en toe hy uiteindelik terug moes gaan Egipte toe, om 'n segsman vir en leier van die Israeliete te wees, het hy reguit vir God gesê om iemand anders te vra om dit te doen (Eksodus 4:13). 



Gelukkig het Moses hierdie stukkie wysheid geleer: Met God by jou is jy goed genoeg. Selfs al twyfel jy, sal God wonderlike dinge deur jou en ten spyte van jou doen.



Moses was bekommerd oor sy spraak (Eksodus 4:10), alhoewel God hom so geskape het (Eksodus 4:11). 



Die geheim is uit — daar is niemand wat beter toegerus of gekwalifiseerd is as jy nie, want God het jou gemaak, elke deeltjie van jou, met die bedoeling om hierdie roeping op jou lewe te plaas en jou op hierdie plekke en in hierdie omstandighede te plaas (ja, selfs dié waarvoor jy dink jy nie goed genoeg is nie). 



Het jy al Christene hoor sê: "Ek is onder die bloed van Jesus?"



Hulle praat eintlik van die beste filter wat ons kan hê, en dit is nie in enige toep te vinde nie. Dit word in Jesus en sy Woord gevind. As gevolg van Hom en sy offer word ons nuut gemaak en gereinig. Sy bloed is ons filter — dit beteken dat God ons deur die lens van sy Seun sien. 



Wanneer daardie gevoelens van ontoereikendheid kom of wanneer jy bang is dat ander mense jou as vals sal ervaar, of wanneer jy God wil vra om jou opdrag aan iemand anders te gee — verdiep jouself in God se Woord en wat Hy oor jou te sê het. Almal, jy ingesluit, kan jou in 'n nuwe lig sien as ons in sy liefde en genade wandel. Sê dus NEE vir die "bedrieërsindroom", nie omdat jy perfek is nie, maar omdat God se liefde in ons vervolmaak word deur Jesus! 



Jy is op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Jy is uitgekies en geroep. Jy is God se meesterstuk en Hy het jou met 'n unieke doel in gedagte geskape. Leef dit. 



Oordink: Skryf die dinge neer wat jy dink jou diskwalifiseer om iets te doen wat God jou gevra het om te doen. Skryf dan neer hoe daardie swakhede 'n geleentheid kan wees vir God se krag om jou te bemagtig. 



Bid: Baie dankie, Vader, dat U my die ingewikkelde en wonderbaarlike persoon gemaak het wat ek is. Ek weet dat ek U en u krag nodig het om _____ te bereik. Ek voel asof _____ en _____ my diskwalifiseer vir die werk. Tog vertrou ek U. Ek vertrou u plan en ek vertrou dat U my kan gebruik ten spyte van die dinge wat ek as tekortkominge sien. Amen.  


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Atypical Advice

Wat sou Dawid, Moses, Daniël, Petrus, Rut en Jesus vir Millenniërs en/of Generasie Z te sê hê? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan waarin ons ongewone raad vanuit welbekende Bybelstories gee.

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid