Leesplan inligting

'n 7-dag Gids oor GebedVoorbeeld

'n 7-dag Gids oor Gebed

DAG 7 VAN 7

Werk gebed enigsins? 


Gebed—al is dit dikwels dreinerend, selfs 'n foltering—is dit op die lange duur die grootste, moontlike bron van krag. - Timothy Keller


Mense sê dikwels, "God het nie my gebed beantwoord nie." Eintlik beantwoord God wel elke gebed wat ons bid. Soms sê Hy "Ja," soms sê Hy "Nee" en ander kere sê Hy "Wag." As ons gebede egter nie volgens ons behoeftes beantwoord word nie, aanvaar ons dat "Hy nie ons gebede beantwoord het nie." 


Hierdie denkpatroon is geneig om baie selfsugtig te wees, en tog, om eerlik te wees, het ons almal waarskynlik al hierdie gedagte op 'n tydstip in ons lewens oorweeg. Ons het God gevra om hierdie goeie ding vir ons te doen. Toe dit nie gebeur nie, het dit ons met 'n gebroke hart gelaat omdat ons op God vertrou het. En dit is net eenvoudig moeilik om te aanvaar.


Ons kan egter nie dat ons moedeloosheid met ons onvervulde planne toelaat om te twyfel aan die God wat die wêreld geskape het nie. Wanneer ons op die plek kom waar ons werklik glo dat God ons beste belange op die hart dra, volg die vrede. Dikwels is Sy "nee" antwoorde juis om ons te beskerm. 


Wanneer ons nie by God die antwoord kry wat ons wil hê nie, moet ons eerste reaksie nie wees: "Waarom het U toegelaat dat dit gebeur?" nie; kom ons vra eerder: Hoe gaan U dit gebruik?" Kom ons verander ons "hoekom" na "hoe." Deur ons siening van God as gemeen en terughoudend te verander na 'n God wat die beste vir ons wil hê, sal ons ook heeltemal verander.


Werk gebed dus enigsins? 


As ons definisie van gebed is om te bid en vir God te vra om iets vir ons te gee en Hy doen dit nie, nee, dan werk gebed nie. Maar, as ons gebed as 'n deurlopende, twee-rigting gesprek met God beskou waar ons in intimiteit met Hom groei, ja, dan sal gebed werk. Alles hang van ons definisie af.


Terwyl ons die einde van hierdie leesplan bereik, mag ons nader aan God wees as tevore. Iemand het eenmaal gesê: "Wanneer die lewe moeilik is, bid. Wanneer die lewe goed is, bid." Laat ons ook onthou dat die doel van gebed nie is om nog geesteliker in 'n biduur te klink nie of om elke moontlike materiële besitting te kry nie. Die doel is om 'n intieme verhouding met God te hê. 


Laat ons dus aanhou bid—op die mooi dae, die slegte dae, die glorieryke dae, en op die swaarmoedige dae. Want Hy is altyd daar; selfs nader aan ons as ons asem. 


Oordink



  • Het jy al ooit gesê: "God het nie my gebed beantwoord nie?" Deel jou ervaring. 

  • Gebruik 'n bietjie tyd en vra God om sy waarheid oor daardie ervaring aan jou te openbaar. 

  • Skryf enige openbaringe neer waarmee God tot jou spreek deur vandag se Bybellesing of oordenking.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

'n 7-dag Gids oor Gebed

Wanneer ons aan die woord "gebed" dink, het ons moontlik 'n idee daarvan in gedagte. Heel moontlik het jy al vorige ondervindinge met gebed, ongeag jou agtergrond. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons dieper delf in wat ge...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid