Leesplan inligting

'n 7-dag Gids oor GebedVoorbeeld

'n 7-dag Gids oor Gebed

DAG 3 VAN 7

Dink weer na oor gebed


Om te bid is om jouself in God se hande te plaas. - Moeder Teresa


Baie volgelinge van Christus sukkel om 'n behoorlike gebedslewe te hê. Dit kan vir ons moeilik wees, want dis makliker om op die daad van gebed self as op God te fokus. Om 'n weergalose gebedslewe te hê is nie die doel nie. Dis om met God kontak te maak en te groei in ons intimiteit met Hom.


Dalk is hierdie situasie bekend: Ons begin bid wanneer die lewe moeilik raak. Dan word die lewe makliker en ons bid minder, want ons het God nie meer so nodig nie. Maar, iets moeiliks kruis ons pad en ons weet dat ons daaroor moet bid. Ons voel skuldig omdat ons 'n hele rukkie laas gebid het en ons neem aan dat God daaroor vir ons kwaad is. 


Dit is tyd dat ons gebed heroorweeg. 


Kom ons oorweeg gebed met die oog op ons intiemste verhoudings. Dit kan 'n broer of suster, 'n wederhelf of 'n beste vriend wees. Ons kommunikasie met hulle is gemaklik en natuurlik. Ons kan 'n teksboodskap stuur, 'n foonoproep maak of hulle persoonlik besoek. Soms kry ons lang besoeke en ander kere is die boodskappe bondig. Ons begin gewoonlik nie ons gesprek met hierdie persoon so nie: "Liewe Jenny, baie dankie dat jy vandag my oproep beantwoord het. Ek is opgewonde om met jou te praat. Kom ons bespreek..." Laat ons eerder 'n deurlopende gesprek voer wat geneig is om sommer na 'n volgende gesprek oor te gaan. 


As ons gebed hanteer net soos ons daardie verhouding met hulle wat die naaste aan ons is, sal gebed deur alle areas van ons lewens deurweef wees. Dit sal die areas herstel waar ons verbinding met God verbreek is. Dit sal 'n deurlopende gesprek wees wat ons met Hom het—gevul met oomblikke van dankbaarheid, gebed vir ander en selfs om ons frustrasies te deel. En as hierdie 'n deurlopende gesprek is, is dit dan werklik eens nodig om "amen" te sê?


Dit beteken nie dat ons Hom nie die eer bewys wat hy waardig is nie. Ons spreek Hom nie aan met 'n, "Haai jy..."  nie. Nee, ons lei 'n lewe waarin Hy geëer en aanbid word en sodoende, is ons ontmoetings met Hom baie meer opreg. Hy gee minder om oor ons woorde aan Hom en meer oor die plek waarvandaan die woorde kom.


Ons verhouding met God sal groei terwyl ons daarna strewe om 'n deurlopende gesprek met Hom te hê. Beide kort en lang gebede het hul plek. Maar ons kan nie verwag om hom soggens net in 'n vyf-minuut tydjie te leer ken nie. Ons moet Hom deel van ons daaglikse lewe maak en toelaat dat Hy sy vrede, hoop, troos en leiding in elke faset daarvan blaas.


Dit is tyd dat ons weer oor gebed nadink.


Oordink 



  • Is jy geneig om slegs een keer te bid of praat jy die hele dag met God? 

  • Waarmee kan jy vandag begin om 'n deurlopende, daaglikse gesprek met God te hê? (Aanmanings, alarms, op 'n uur bid?) 

  • Skryf enige openbaringe neer waarmee God tot jou spreek deur vandag se Bybellesing of oordenking.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

'n 7-dag Gids oor Gebed

Wanneer ons aan die woord "gebed" dink, het ons moontlik 'n idee daarvan in gedagte. Heel moontlik het jy al vorige ondervindinge met gebed, ongeag jou agtergrond. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons dieper delf in wat ge...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid