Leesplan inligting

'n 7-dag Gids oor GebedVoorbeeld

'n 7-dag Gids oor Gebed

DAG 5 VAN 7

Bly dankbaar


Om te leer bid, bied ons nie 'n minder besige lewe nie; dit bied ons 'n minder besige hart. - Paul E. Miller


Daar word gesê dat gelukkige mense nie altyd dankbaar is nie, maar dankbare mense is byna altyd gelukkig. Kom ons dink daaroor. Hoeveel van al die dankbare mense wat jy ken, is ongelukkig? Nul.


Hoe bly ons dankbaar tydens die besige lewens wat ons lei? Deur doelgerig te wees. Die bevredigendste dinge in ons lewens, vereis 'n groot mate van doelgerigtheid. En om elke dag in 'n dankbare gemoedstoestand te bly, vereis doelgerigtheid. 


Een van die beste maniere vir ons harte om in 'n staat van dankbaarheid te bly, is om ons seëninge te tel. Dis reg. Begin om hulle by name op te noem. Om net te stop en ons seëninge te tel, sal tot 'n veranderde gesindheid lei. Begin 'n lysie op jou toestel, skryf dit dan op kleefnotas en stel die alarm op jou selfoon wat jou herinner om die vyf dinge op te noem waarvoor jy dankbaar is. 


Hier is 'n paar wenke wat ons sal help om doelbewus 'n dankbare hart te kweek:


Neem 'n ruskans

Ons God is 'n wonderbare Skepper. Alles wat ons in die natuur sien, is sy handewerk. Hoeveel keer het 'n sonsopkoms ons sprakeloos gelaat? Wanneer daardie oomblikke aanbreek, sê net: "Dankie God!" 


Keer daardie frons onderstebo



Wanneer dinge nie volgens ons planne verloop nie, laat ons dan fokus op dit wat ons wel het, in plaas daarvan om te fokus op wat ons nie gekry het nie. Dit is in orde om die angel van teleurstelling te voel, maar laat ons moet nie daar vassteek nie. Kom ons spreek ons dank teenoor God uit vir wat ons wel het.


Moenie ophou glo nie

Dalk is die beste manier om as Christus te volgelinge in dankbaarheid te wandel, om te onthou wat namens ons gedoen is. Jesus het sy plek langs sy Vader in die hemel verlaat om tot ons redding te kom. Want weens sy volmaakte, onselfsugtige gebaar hoef ons nie die ewigheid te vrees nie. As ons toelaat dat dit regtig insink, sal ons harte vol dankbaarheid wees. 


Laat ons dus dankbaar wees in alle dinge en op alle maniere. Vir die brood in ons spens, die vol petroltenk in ons motor, en ons geliefdes met wie ons elke dag kan geniet. Maar mag ons nooit die Een vergeet wat elke stukkie van sy krag en gesag neergelê het om na 'n gebroke wêreld te kom sodat ons vir ewig saam met Hom kan lewe. As ons elke dag wakker word met daardie visie in ons denke, sal die eerste woorde wat oor ons lippe kom, 'n eenvoudige "Dankie" wees. Eerlikwaar, as al wat ons ooit doen is om God te dank, sal dit 'n baie goeie ding wees.


Oordink 



  • In watter gebiede van jou lewe is dit vir jou maklik om dankbaar te wees?  

  • Begin elke dag, oor die volgende sewe dae, om God te dank vir die seëninge in jou lewe. Hou 'n bygewerkte lys. 

  • Skryf enige openbaringe neer waarmee God tot jou spreek deur vandag se Bybellesing of oordenking.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

'n 7-dag Gids oor Gebed

Wanneer ons aan die woord "gebed" dink, het ons moontlik 'n idee daarvan in gedagte. Heel moontlik het jy al vorige ondervindinge met gebed, ongeag jou agtergrond. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons dieper delf in wat ge...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid