Leesplan inligting

'n 7-dag Gids oor GebedVoorbeeld

'n 7-dag Gids oor Gebed

DAG 1 VAN 7

Wat is gebed? 


'n Aanlyn woordeboek, beskryf gebed as volg:


'n Vroom versoekskrif aan God of iets wat aanbid word.



'n Geestelike gesprek met God of iets wat aanbid word.




Die metode of gebruik van
gebed om God of iets te aanbid.


Wanneer ons oor die woord gebed dink, het ons moontlik 'n idee daaromtrent in gedagte. Miskien is dit 'n leraar van 'n kerk, in 'n wit kleed, wat agter die kansel staan, met sy arms uitgestrek oor die gemeente. Dit kan ook 'n ouma wees, wat met gevoude hande langs haar bed kniel, wat in stilte met God praat. Dalk is dit 'n groep biddende vroue wat in 'n sirkel staan en hande vashou in die kerksaal. Heel moontlik het jy al vorige ondervindinge met gebed, ongeag jou agtergrond. 


As ons egter eerlik moet wees, sal baie van ons amper terugdeins as ons enigiemand iets oor gebed hoor sê. Ons mag dalk selfs voel soos die skrywers van die Psalms wat God gesmeek het om hul uitroepe en gebede te hoor, maar gewonder het of Hy regtig sal. Die rede vir die negatiewe denkproses is moontlik omdat ons dink ons doen nie genoeg nie. As iemand dus vra: "het jy daaroor gebid?" of "hoe gaan dit met jou gebedslewe?", voel ons gewoonlik oorweldig deur moedeloosheid. 


Billy Graham het gesê: "Gebed is 'n twee-rigting gesprek tussen jou en God." Baie eenvoudig, is dit nie? En tog maak ons dit so 'n ingewikkelde ding. Kom ons oorweeg gebed eerder as kommunikasie met God. So maklik. God, ons Skepper, ontmoet ons presies waar ons is. Ons hoef nie onsself reg te maak, of 'n vrolike gesig op te sit voor ons na Hom toe gaan nie. Ons kan na Hom toe gaan as ons sy vrede, leiding, en hoop nodig het, as ons geen vrede voel, verlore is, of geen hoop meer het nie. Geen gedeelte van ons deurmekaar lewens skrik Hom af nie. Is dit nie 'n verligting nie?


Gebed is net: 



  • om God te leer ken. 

  • om God van ons begeertes te vertel.  

  • om te luister as God waarhede in ons gees spreek. 

  • om jou behoefte uit te spreek vir God om ons te help.  

  • om God in die skepping waar te neem en Hom te prys. 

  • om in ons pyn by God te sit, en Hom te vra om ons te vertroos. 

  • om ons dankbaarheid teenoor God uit te spreek deur Hom te dank.  

  • om 'n deurlopende gesprek met God te hê.


Ons gebedslewe moet minder van 'n kort oggendgebed wees "om die dag reg te begin", en meer van 'n deurlopende, lewendige, oop gesprek met ons God—ons hemelse Vader, regdeur die dag wees.


Oor die volgende ses dae, gaan ons dieper delf oor wat gebed behels en hoe ons 'n deurlopende gesprek met God aan die gang kan sit, wat ons hele lewe lank sal aanhou.


Oordink



  • Wat is jou heel vroegste herinnering van gebed?  

  • Was jy al verras toe God jou gebed beantwoord het? Skryf dit neer. 

  • Skryf enige openbaringe neer waarmee God tot jou spreek deur vandag se Bybellesing of oordenking.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

'n 7-dag Gids oor Gebed

Wanneer ons aan die woord "gebed" dink, het ons moontlik 'n idee daarvan in gedagte. Heel moontlik het jy al vorige ondervindinge met gebed, ongeag jou agtergrond. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons dieper delf in wat ge...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid