Leesplan inligting

Meesterlik in Een DingVoorbeeld

Master Of One

DAG 4 VAN 5

Die Drie Sleutels tot Meesterlikheid



Deur die loop van die afgelope paar dae, het ek probeer verduidelik hoekom Christene daarna moet streef om een beroepsgerigte ding op 'n slag te bemeester en waarna ons in daardie "een ding" moet soek. Vandag sal ons kyk hoe ons meesterlikheid in ons vakgebied of vaardigheid kan behaal, tot verheerliking van God en ten goede van ander.



In die omvattende navorsing wat my span uitgevoer het vir Master of One, het daar telkemale drie sleutels na vore gekom.



Sleutel #1: Vakleerlingskap 



Jakobus 4:6 sê: "God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade." Die Here se getrouheid aan hierdie belofte, het in ons navorsing baie sterk na vore gekom. Veel meer as enige ander eienskap, het nederigheid in die onderhoude van elke volgeling van Christus, wat meesterlikheid bereik het, se verhale na vore gekom. 



Wanneer ons die werk gekry het wat ons wil aanpak, is dit uiters belangrik om eers in nederigheid die mentorskap op te soek van ander wat reeds meesterlikheid in hul gekose velde behaal het.



Sleutel #2: Doelgerigte Oefening



Dit is welbekend dat meesterlike presteerders in enige veld, duisende ure aan oefening in hul vakgebied of vaardigheid deurbring. Die feit is: Dit is slegs "doelgerigte oefening" oor 'n lang tyd, wat tot meesterlikheid lei. 



Doelgerigte oefening word deur vier dinge gekenmerk: bepaalde doelwitte, intensiewe fokus, gereelde ongemak, en waarskynlik die belangrikste van almal, vinnige terugvoer. 



Spreuke 12:15 sê: "In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad." Die doel van meesterlikheid gaan vir die Christen nie oor eie roem en rykdom nie. Ons streef hoofsaaklik na meesterlikheid tot verheerliking van God en ten goede van ander. Dit is eenvoudig onmoontlik om te weet of ons ander ten beste deur ons werk dien en liefhet, as ons nie gereeld hulle raad en terugvoer vra nie.



Sleutel #3: Langdurige Dissipline



Om ware meesterlikheid in enige beroep te behaal, moet jy die dissipline aan die dag kan lê om duisende ure van doelgerigte oefening in daardie beroep of vaardigheid te belê. Dit is juis waarom dit so belangrik is om behoorlik tyd af te staan om soveel moontlik verskillende beroepsgeleenthede te ondersoek voordat jy enigeen kies en jou daaraan toewy. Dit is bloot nie genoeg om net 'n beroepskeuse te doen nie. Om ons werk meesterlik tot verheerliking van God en ten goede van ander te kan doen, moet ons die een beroepsgerigte ding vind wat dit vir ons die moeite werd maak om ons oor 'n lang tyd daaraan te kan toewy. Oor en oor herinner die Skrif ons: "Hardwerkende mense kom in magsposisies..." (Spreuke 12:24).


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Master Of One

Die teenoorgestelde van meesterlik, is middelmatig en middelmatigheid is doodeenvoudig wanneer jy nalaat om liefde te bewys en dus 'n wanvoorstelling maak van God se beeld. In hierdie leesplan sal jy ondersoek instel waa...

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek https://www.jordanraynor.com/masterofone vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid