Leesplan inligting

Meesterlik in Een DingVoorbeeld

Master Of One

DAG 1 VAN 5

Meesterlik in Niks



Daar is 'n ou gesegde wat lui: "Hy is 'n man van twaalf ambagte en dertien ongelukke," wat iemand beskryf wat baie verskillende dinge kan doen, maar in nie een daarvan uitblink nie. 



Ek gee nie om om 'n man van twaalf ambagte te wees nie, maar ek dink Christene behoort glad nie tevrede te wees om as iemand van "dertien ongelukke" beskryf te word nie.



Hoekom? Omdat die wese van die Christelike lewe is om God te verheerlik (of soos John Piper dit uitdruk: "sy grootheid te weerspieël") en ons naaste lief te hê soos onsself. Hoe vervul ons hierdie roeping in ons werk? Deur ons werk meesterlik te doen en 'n voorbeeld van God se uitnemende karakter te wees (sien Efesiërs 5:1). 



Die teenoorgestelde van meesterlik is middelmatig, en middelmatigheid is doodeenvoudig wanneer jy nalaat om liefde te bewys en dus 'n wanvoorstelling van ons Vader maak.



Dr. Anders Ericsson is "die wêreld se mees toonaangewende kenner van kenners" en is beroemd vir sy onthulling dat dit ongeveer 10 000 ure van "doelgerigte oefening" verg om in enige vaardigheid meesterlik te word. In die lig hiervan, is dit geen wonder dat ons samelewing gevul is met mense wat "meesterlik in niks" is nie.



Ek sou waag om te sê dat die meeste mense voel of hulle 'n millimeter in 'n miljoen rigtings vorder in beide hul lewens en beroepe. Ons is goed in baie verskillende dinge, maar nie uitstekend, meesterlik of uitsonderlik in enigeen nie. Ons is oorlaai, oorweldig en te gespanne terwyl ons hopeloos te veel tyd daaraan wy om op die kleinste besonderhede te fokus, eerder as om die werk waarvoor God ons geskape het, meesterlik te doen.



Hoe vind ons dus die werk wat ons met uitnemendheid in God se diens en dié van ander kan doen? Wat is die oplossing om nie meesterlik in niks te wees nie? Die oplossing is om in een ding meesterlik te word. 



Daar word geglo dat die Engelse gesegde van "Jack of all trades, master of none," 'n verkeerde aanhaling van Benjamin Franklin is, wat eintlik sy lesers wou aanmoedig om nie meesterlik in niks te wees nie, maar wel in een ding. Of Franklin hierdie frase gesê het of nie, is nie belangrik nie. Die feit is: vir ons om God ten beste te verheerlik en ander lief te hê deur ons beroepe, moet ons ons werk met uitnemendheid doen. Ons kan nie ons mees uitsonderlike werk doen voordat ons nie onderskei het wat die werk is waarvoor God ons geskape het om met uitnemendheid te doen nie. Wanneer ons dit gevind het, moet ons daarop fokus om meesterlik in daardie vaardigheid te word.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Master Of One

Die teenoorgestelde van meesterlik, is middelmatig en middelmatigheid is doodeenvoudig wanneer jy nalaat om liefde te bewys en dus 'n wanvoorstelling maak van God se beeld. In hierdie leesplan sal jy ondersoek instel waa...

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek https://www.jordanraynor.com/masterofone vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid