Leesplan inligting

Meesterlik in Een DingVoorbeeld

Master Of One

DAG 3 VAN 5

Hoe Meesterlikes Hul "Een Ding" Vind



Tussen my navorsing vir Master of One, en my vorige boek, Called to Create, het ek onderhoude met byna 100 Christene gevoer, wat op wêreldklas-vlak meesterlik in hul vakgebiede of vaardighede is. Op my vraag aan hierdie mense hoe hulle hul "roeping" of "een ding" onderskei het, was hul antwoorde merkwaardig eenders. Byna al hierdie meesterlikes was geneig om drie vrae deur die loop van die proses te vra:




  1. Waaroor is ek passievol?

  2. Watter gawes het God aan my gegee?

  3. Waar sal ek die beste geleentheid kry om God te verheerlik en ander te dien?


Ek weet wat jy nou dink: "Dis goed en wel, maar hoe kan ek daardie drie dinge bymekaar bring?"



Ek dink dit lyk soos die Goddelike vermeerdering wat Jesus in die gelykenis van die saaier beskryf. 



In sy uitmuntende boek, Culture Making, wys Andy Crouch daarop dat hierdie in wese "'n gelykenis oor gelykenisse is—die verduideliking van die hele gelykenis vertellingstrategie." Wat Crouch bedoel is dat gelykenisse baie soos sade is, waar die saaier die sade mildelik moet strooi op groot uiteenlopende skares, in die hoop dat hul waarheid in die harte van 'n paar luisteraars sal wortelskiet. Vanuit hierdie perspektief, bied Jesus se woorde nie slegs insig hoe sy woord ontvang word nie, maar skets ook 'n pragtige prentjie hoe ons daaraan behoort te dink wanneer ons ons roeping vind en daarop fokus. 



Wanneer jy vir die eerste keer die drie vrae hierbo probeer beantwoord, het jy nog nie regtig 'n benul wat jou beroepsgerigte "een ding" kan wees nie. Jy strooi jou saad wyd deur baie verskillende professionele dinge te probeer. Sommige van hierdie sade sal op klipperige plekke val en ander tussen dorings; maar deur genoeg proefneming, sal van die sade op goeie grond val en tekens begin toon van Goddelike vermeerdering waar die Here jou werk duidelik sal vermeerder "sodat dit vrug dra en 'n oes lewer: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig" (Matteus 13: 23b).



Dit is hoe meesterlikes beskryf hoe hulle die samekoms van hul passies, gawes en geleenthede ontdek. Dit is waarna ons in ons "een ding" soek.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Master Of One

Die teenoorgestelde van meesterlik, is middelmatig en middelmatigheid is doodeenvoudig wanneer jy nalaat om liefde te bewys en dus 'n wanvoorstelling maak van God se beeld. In hierdie leesplan sal jy ondersoek instel waa...

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek https://www.jordanraynor.com/masterofone vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid