Leesplan inligting

Hoop vir die leweVoorbeeld

Hoop vir die lewe

DAG 4 VAN 4

Hoop vir ewig in Jesus


Die toekoms is vir meeste van ons 'n duister prentjie. Ons weet nie wat gaan gebeur nie en ons is bang dat dinge kan skeefloop. Ons verwag altyd die ergste en dat alles gaan platval.  Ons kyk na die huidige omstandighede en beleef dan moedeloosheid oor die toekoms. Daar is net een probleem met daardie soort denke, ons het God se genade nie ingereken nie. Wanneer ons net negatief na die toekoms kyk, sien ons nie die moontlikhede wat God oor ons paaie kan bring nie.


God is almagtig en Hy kan selfs 'n verlore saak heeltemal omkeer om 'n positiewe uitslag te hê.  God wil sien dat ons vol hoop is en dat ons positief kyk na dit wat om ons aangaan. Hoeveel keer het ons nie al geleenthede misgeloop omdat ons te bang of negatief oor iets was nie. Daar is geleenthede wat die Here oor ons pad bring, maar ons gaan moet leer om ons denke te verander. 


Gister is verby, vandag is 'n nuwe dag met nuwe genade en nuwe moontlikhede van God af. 


Die strik wat die duiwel stel, is juis dat ons moet dink die toekoms is donker en daar is geen hoop nie. MAAR, soos Paulus gesê het; "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee." 




Ek wil jou vandag hiermee seën: 


Ons hoop is nie in iets nie. ONS HOOP IS IN IEMAND. 


Sy Naam is JESUS. Met Jesus aan jou kant, kan die storms kom en winde waai, maar in en deur dit alles, het Jesus ons belowe: HY SAL ONS NOOIT ALLEEN LOS NIE


Ons het hoop, en sy Naam is Jesus!!!


Aangesien jy nou met die leesplan klaar is, wil ek jou bemoedig. Moenie HOOP verloor nie. Moenie jou fokus van Jesus afhaal nie. JESUS LEEF!!! En dit versterk ons. Hoop vir die lewe!

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Hoop vir die lewe

Almal het hoop in die lewe nodig. Maar wat is hoop? En hoe gaan dit 'n verskil maak in my lewe as ek hoop het?

Ons bedank graag Lig & Lewe Sentrum vir die voorsiening van hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: http://www.ligenlewe.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid