Leesplan inligting

Hoop vir die leweVoorbeeld

Hoop vir die lewe

DAG 2 VAN 4

Leef 'n lewe van Gehoorsaamheid


Met hierdie gedagte van hoop, is dit belangrik om seker te maak dat ons lewe op Jesus gebou is. Jesus het vir ons beloftes gegee wat ons hoop versterk, maar sonder die kombinasie van geloof en gehoorsaamheid, kan die beloftes van God nie realiseer nie. Ons moet in die wil van God leef. 




Betekenis van Gehoorsaamheid:


Nakoming van 'n bevel, versoek of wet of onderwerping aan 'n ander se gesag (sinonieme: aflewering, ooreenkoms, aanvaarding, toestemming) 




Regdeur die woord van God sien ons dat gehoorsaamheid ‘n baie belangrike rol in die mens se lewe speel. Ons sien telkemale dat manne en vroue van God, Hom gehoorsaam en die vrugte daarvan pluk. Ons sien egter ook in baie gevalle dieselfde manne en vroue wat ongehoorsaam aan God se woord en opdragte is, en dan die nagevolge daarvan moet dra. Ons sien vir Dawid, ‘n man na aan God se hart. Hy leef in oorwinning en oorvloed omdat hy God eer en Hom gehoorsaam. Maar die dag toe hy sonde toelaat en teen God se wil optree, moes hy die nagevolge dra deurdat sy seun gesterf het. 


Ons sien vir Akan wat, nadat Israel vir Jerigo oorwin het, van die silwer en goud vir homself hou. Die gevolg was dat  Israel hulle volgende oorlog teen ‘n klein volkie verloor het. Daar was dus nagevolge. Dawid en Israel moes eers met God regmaak voordat God hulle weer kon seën.


Abraham, aan die anderkant, het in gehoorsaamheid die huis van sy vader verlaat en na 'n land getrek wat God hom sou wys. Hy het nog nie geweet waarheen nie, maar hy het God vertrou.


Vertrou jy God vandag om in gehoorsaamheid te leef?


Om gehoorsaam te wees laat ons tot aksie oorgaan. God is nie so seer gepla oor die aksie nie, God wil sien dat ons harte op die regte plek is. 


Moenie net luister na God se woord nie, doen wat dit sê


Hoe ontwikkel gehoorsaamheid in ons lewens?


Het jy al agtergekom dat daar kere is waar jy op iets hoop, maar dan kom daar teleurstelling? Daar is gedurigdeur toetse wat ons moet deurgaan sodat ons beter mense kan word en sodat ons geoefen in ons verhouding met God kan wees. Ongelukkig verloor baie mense hul hoop in die proses. Jesus is ons voorbeeld in alles. Ons gehoorsaamheid word geoefen. As Jesus gehoorsaamheid moes leer, dan gaan ons verseker dit ook moet leer.


Ons hoop het waarde omdat Jesus leef. Ons gehoorsaamheid het belonings omdat Jesus leef. Daar is altyd ‘n belofte saam met die opdrag. 


As kinders van God is dit die belangrikste in ons lewe om God te gehoorsaam. Ons kan nie anders nie en die vyand gaan allés in sy vermoë doen om ons met ongehoorsaamheid te mislei. 


Waar bevind jy jouself vandag? Ons elkeen moet 'n bietjie kyk wat in ons harte aangaan. Gehoorsaamheid het nie te doen met getroue kerkbywoning nie. Dit het te doen met ons leefwyse.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Hoop vir die lewe

Almal het hoop in die lewe nodig. Maar wat is hoop? En hoe gaan dit 'n verskil maak in my lewe as ek hoop het?

Ons bedank graag Lig & Lewe Sentrum vir die voorsiening van hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: http://www.ligenlewe.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid