Leesplan inligting

Hoop vir die leweVoorbeeld

Hoop vir die lewe

DAG 3 VAN 4

Lewe van Beloftes


Hoeveel keer in ons lewe was ons al sprakeloos gewees? Dinge gebeur en jy staan verstom oor wat gebeur het. Om sprakeloos te wees het baie keer te doen met die feit dat jy nie kan glo wat gaan gebeur of reeds gebeur het nie. 


Die gevoel om ewe skielik nie te weet wat om te sê nie, is nie baie aangenaam nie. Jy voel onseker en dat jy iets moet sê, maar die woorde ontbreek jou heeltemal. 


Om sprakeloos te wees is tog nie altyd ‘n negatiewe ding nie. Soms moet jy net stil bly. Soms moet jy net stil wees en kyk wat gebeur. Soms het daardie vriend nie woorde nodig nie, maar net iemand wat daar is.


“Stil bly is ook ‘n antwoord”, het iemand eendag gesê, en wanneer ons daardie stelling gebruik is dit baie keer gemik op die feit dat jy skuldig is. Maar om stil te bly kan jou lewe red, dit kan die beloftes van God tot vervulling bring.  


Sagaria was in die tempel toe 'n engel aan hom verskyn en sê dat hulle 'n seuntjie gaan kry. Die woorde wat Sagaria dan uitspreek, is woorde van ongeloof. Die engel sê toe die volgende:  "En omdat jy nie geglo het wat ek sê nie, sal jy nie kan praat nie, totdat die kind gebore is. Want my woorde sal op die bestemde tyd beslis waar word.” 


Die woorde wat ons praat beïnvloed die vervulling van God se beloftes. Hoeveel keer het God vir jou 'n belofte gegee en jy het dit nie geglo nie? Sagaria was sprakeloos en kon eers weer praat toe die kind gebore is. God wil jou seën met 'n goeie lewe, maar die woorde wat ons in ongeloof sê kan daardie beloftes vertraag of,  nog erger, doodmaak. 


Dink vandag aan al die beloftes wat die Here vir jou gegee het, of dit in sy Woord staan en of dit 'n profetiese woord was; en kyk bietjie terug hoe jy daaroor gepraat het. 


Oefen jouself daarin om in hierdie week te dink voor jy praat. 


Spreek lewe oor elke belofte en vra die Here om jou te vergewe as jy wel teen sy beloftes gepraat het. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hoop vir die lewe

Almal het hoop in die lewe nodig. Maar wat is hoop? En hoe gaan dit 'n verskil maak in my lewe as ek hoop het?

Ons bedank graag Lig & Lewe Sentrum vir die voorsiening van hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: http://www.ligenlewe.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid