Leesplan inligting

Gehoorsaamheid aan die Here te Midde van VeranderingVoorbeeld

Obedience to the Lord in the Midst of Change

DAG 1 VAN 10

God Skep.


"In die begin het God die hemel en die aarde geskep." Genesis 1, vers 1



Elf eenvoudige woorde. Met so min woorde begin die skrywer van die eerste boek in die Bybel met 'n diepgaande waarheid oor God se karakter.



Die skrywer kon begin het deur na te dink oor hoe God gelyk het, of waar God woon. Is dit nie die eerste vrae wat baie van ons as kinders gehad het nie? 



Is God so groot dat Hy sterrestelsels vir ons verberg, of so klein dat Hy reg voor ons kan wees en ons Hom nie eens sal raaksien nie? Is God deurskynend of sigbaar? Woon God op 'n berg, of het Hy 'n herehuis aan die agterkant van die maan?



Die skrywer het egter hierdie vrae oorgeslaan en reguit afgepyl op God se karakter en optrede.



God Skep. Lees dit weer. So stadig as wat twee woorde gelees kan word. 



God. Skep.



Om dit in meer besonderhede te verduidelik: God het iets gedoen, toe is alles skielik anders en nuut en wonderlik, vars en lewendig, daar word asemgehaal! 



Met daardie paar woorde roep die skrywer nie net uit wat God GEDOEN het nie, maar wie God IS. God is skeppend. En omdat ons as sy beeld geskep is, is die eerste ding wat ons van God weet, ook die heel eerste ding wat ons van onsself weet.



Ons is skeppend. 



Jy is dalk in 'n tydperk van verandering, van onsekerheid, of waar jy wonder wat volgende is. Jy voel egter ook 'n diepe roeping om in die proses getrou aan God te wees. Om aan God se stem gehoorsaam te wees, sy stem wat deur die Skrif of deur die influistering van die Heilige Gees met jou hart praat. 



Dit is nou die tyd om die eerste ding wat jy van God weet, en die eerste ding wat jy van jouself weet, te onthou. Jy is geskep om skeppend te wees, soos om nuwe lewe uit stof te sien kom, om idees werklikheid te laat word, om te sien hoe gebroke en wankelende dinge vars en heel word.



Laat dit vandag jou gebed wees:



  



Vader, God van die hele skepping, dankie vir die gawes en hoe U my gemaak het, uniek en ook elke ander persoon wat gebore word. Dankie vir die gawe van elke lewende wese, en vir die skoonheid wat ek waarneem wanneer ek stil raak om aan 'n blaar te voel, 'n voël se lied te hoor of te sien hoe die winter tot lente oorgaan. Terwyl ek inasem, word ek daaraan herinner dat dit u asem en skeppingskrag is wat my lewe gee. Wanneer ek uitasem, word ek daaraan herinner dat ek ook lewe aan ander kan gee. Dankie vir die herinnering — om U te gehoorsaam en die volgende regte stap te neem, begin met die feit dat ek geliefd is nie vir wat ek maak of doen nie, maar bloot omdat ek u skepping is. Amen.



  



Hierdie oordenking is verskaf deur Nate Ernsberger van Compassion International, Kanaal-Ontwikkeling Verhouding Bestuurder en Kinderadvokaat


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Obedience to the Lord in the Midst of Change

Dit maak nie saak in watter tydperk van die lewe ons ons bevind nie, die Here het ons geroep om Hom gehoorsaam te volg. Hoe kan ons egter op ‘n innemende manier aan die Here gehoorsaam wees te midde van stresvolle, onaan...

More

Ons wil graag Compassion International bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://www.compassion.com/sponsor_a_child/?referer=602984

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid