Leesplan inligting

Die PriesterskapVoorbeeld

Die Priesterskap

DAG 3 VAN 8

AS ’N TIPE


Melgisédek is ʼn ewebeeld van Christus (Heb. 7:15) en as ʼn tipe het dit ʼn profetiese karakter gehad omdat hy ’n afskaduing van Christus in die toekoms was.


In sy priesterskap is hy aan die Seun van God gelykgestel. Hy het geen opvolger gehad nie en daar sal ook nooit iemand kan wees wat Jesus as hoëpriester kan opvolg nie. In alle opsigte was Melgisédek ʼn tipe van Christus. Melgisédek is nie ʼn priester as gevolg van ʼn stamboom van priesters soos dié van Aäron en Levi nie. Melgisédek het sy priesterskap direk van God ontvang. Dit was gebaseer op karakter en nie op ʼn stamboom nie. So ook is die priesterskap van onse Here Jesus Christus (Heb 7:13-17; Heb 5:4-6).


Tydens die priesterskap “bly hy priester altyddeur” (Heb 7:3). Van Melgisédek bly dit waar in hierdie sin: Daar is geen rekord van die opsegging van sy priesterskap deur die dood of andersins nie. Soos wat hy dit ook nie ontvang het van sy ouers of dit deur sy stamboom oorgedra is nie, het hy ook nie sy priesterskap opgegee nie. In Christus Jesus ons Hoëpriester, die groot Antitipe, het ons ʼn priesterskap wat nie op ʼn ander oorgaan nie (Heb 7:24). Hy is priester volgens die orde van Melgisédek. Hy leef altyd om vir ons in te tree (Heb 7:25).

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die Priesterskap

Tot hiertoe het ons die tabernakel bestudeer in verhouding tot sy struktuur en meublement (huisraadstukke) met die beklemtoning van die waarheid dat God na die mens toe gekom het. In hierdie leesplan gaan ons die prieste...

More

Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid