Leesplan inligting

Die wil van GodVoorbeeld

The Will Of God

DAG 1 VAN 13

Begin  



Die wil van God. 



Ons hoor herhaaldelik dat die Here 'n plan vir ons lewe het — en dit is goed. Ons word aangemoedig om God se plan vir ons lewe te soek, te aanvaar en uit te leef. Daar word selfs gesê dat dit die sleutel tot ons toekoms is. Maar wat is dit? Al klink God se wil na iets wat ons behoort te ken, wek die idee daarvan dikwels meer vrae as antwoorde. 



Wat ook al jou siening oor die wil van God is, kan dit uitdagend en onbereikbaar klink, nie waar nie? Na baie jare in die bediening het ek al soveel mense hoor praat oor hulle frustrasie met hulle geestelike lewens, dat ek tot die oortuiging gekom het dat daar een oorheersende rede daarvoor is: Hulle verstaan nie die aard van God se wil nie, en weet ook nie hoe om dit te vind nie. En as jy hierdie twee dinge nie verstaan nie, mag jy onseker en koersloos voel in jou wandel met God. 



Miskien is dit juis hierdie onsekerheid wat jou belangstelling vir hierdie leesplan geprikkel het. Miskien wil jy jou Skepper eer en op koers bly met wat Hy vir jou lewe in die vooruitsig het. Maar dit is nie wat mense gewoonlik motiveer om na God se wil te soek nie. Meestal is dit eerder vrae oor die toekoms, belangrike besluite wat geneem moet word, en/of probleme met geen moontlike oplossings in die vooruitsig nie, wat ons tot op ons knieë voor die Vader dryf. 



Terwyl ons probeer om die aard van God se wil te verstaan en hoe om dit vir ons lewe te ontdek, moet ons een groot waarheid onthou — ons God is 'n beplanner. Hy reageer nie. Hy het nie die wêreld in beweging gebring om dit aan toeval of wilde onbeheersde kragte oor te laat nie. En Hy het jou ook nie geskep om doelloos en sonder hoop te leef nie. Al van voor die skepping van die heelal af, het God planne vir my en jou gemaak. Hy het die wêreld met 'n verskeidenheid landskappe, kleure, diere, plante, kosse, reuke en teksture gemaak … en Hy het aan elke detail gedink om ons behoeftes te bevredig, ons verbeelding te prikkel, ons gedagtes te boei en vreugde vir ons siele te gee. 



God gee ook aandag aan die omstandighede, hoe groot ook al, wat jou lewe beïnvloed. En Hy weet ook van die besonderhede wat so klein is dat dit jou selfs ontgaan. Hy gee om vir die besluite, rigtings, probleme, laste en konflikte waaroor jy besorg is. 



Al is die reis om God se wil te soek en uit te leef nie altyd maklik nie, is dit altyd die moeite werd. Wanneer ons na die Vader luister en volgens sy wil leef, gee Hy ons sy heel beste. Dis so eenvoudig soos dit. En dan kan ons die grootste vreugde en tevredenheid denkbaar ervaar, want ons is besig om die doel waarvoor ons geskep is, uit te leef. 



So, is jy gereed om meer oor God se wil en sy beste plan vir jou lewe te leer? Kom ons begin.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Will Of God

God se wil vir jou lewe hoef nie 'n raaisel te bly nie. Jou hemelse Vader wil graag die planne wat Hy vir jou lewe het aan jou bekendmaak. Dit maak nie saak of jy met 'n groot lewensbesluit worstel of net probeer om elke...

More

Baie dankie aan "In Touch Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://intouch.cc/yv-will vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid