Leesplan inligting

Veranderde Lewe: VergifnisVoorbeeld

Living Changed: Forgiveness

DAG 3 VAN 6

Genesing



Ek onthou toe ek as kind my knie nerf-af geval het, was dit tyd vir die aaklige waterstofperoksied behandeling. Ek het dit so lank as moontlik probeer uitstel, want dit het baie gebrand! Dit maak nie saak hoeveel ek probeer redeneer het nie, ek kon nooit wegkom om dit net een keer oor die wond te gooi nie, dit het altyd 'n paar keer geneem voordat die wond skoon was, en om daarop te blaas het ook net 'n bietjie gehelp. Dit was nie 'n lekker ondervinding nie, maar dit was noodsaaklik vir genesing. 



Net soos wat 'n stukkende knie tyd nodig het om te genees, het ons ook tyd nodig om van die verlede te genees. Hoe dieper en groter die wond, hoe langer neem dit om daarvan te genees. Vir ons om ten volle te genees en vrylik te vergewe, het ons hulp nodig wat net van Jesus afkomstig is. 



Wanneer jy jou pyn aan God oorgee dan laat jy Hom toe om die bitter en die kwaad uit jou te verwyder wat andersins in jou kan gis en infeksie deur jou lewe versprei. Dit kan ongelooflik seer wees om oor die verlede te dink. Wanneer ons God toelaat in daardie ruimte wat seer is, sal Hy ons help om ons houvas op wrewel te laat vaar en ons die krag gee om te vergewe.



Soos jy deur die seer werk, kan jy jou ware emosies aan God openbaar. Hy kan ons emosies hanteer, of ons vol woede is of vol hartseer is. Hy wil van jou lewe hoor, al is dit lelik en onvolmaak. Ons kan Hom aanroep. Ons kan die woorde dink wat ons nie sal waag om te sê nie, of die woorde weeklaag wat ons nie weet hoe om te sê nie. Ons kan ons gebede neerskryf of hulle sing so hard soos ons kan. Dit maak nie saak hoe ons kies om met God te kommunikeer nie, Hy wil net hê ons moet Hom insluit. 



Soos 'n stukkende knie beter word deur 'n rofie te vorm, maak God ons sterker soos Hy ons genees. Hy bou ons deursettingsvermoë en gee doel aan ons pyn. Alhoewel die wonde littekens kan veroorsaak wat deel word van ons verhaal, hoef dit nie deel te vorm van ons identiteit nie. Ons kan ons pyn laat vaar, God om genesing vra, en kies om te vergewe. 



Neem nou die tyd en dink aan 'n seer uit die verlede wat jy sukkel om te vergewe. Dink aan hoe dit jou laat voel het, wat jy oor jouself glo as gevolg daarvan, en hoe dit jou verhoudings beïnvloed. Verklaar in gebed dat dit nie meer krag oor jou het nie. Sê dit is vergewe, al voel jy dit nie, vra God om jou te help om dit in jou hart te bedoel.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Forgiveness

Baie van ons loop nog rond met wonde van wat mense in die verlede gesê of gedoen het. Ons sukkel gedurig onder die gewig van daardie las, want ons is ongewillig of onseker hoe om te vergewe. Hierdie leesplan gaan nie daa...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid