Leesplan inligting

Veranderde Lewe: VergifnisVoorbeeld

Living Changed: Forgiveness

DAG 2 VAN 6

Oorgawe



Vir ons om werklik diegene wat ons seergemaak het te vergewe, is dit nodig dat ons leer om oor te gee.



"Oorgee” kan een van daardie woorde wees wat mense liggeraak maak. Ons vergelyk dit daarmee om die oorlog te verloor — die wit vlaggie te waai en die vyand toe te laat om ons in te haal. Wanneer ons aan God oorgee, kyk ons anders daarna.



Met God, beteken oorgee om eerlik oor ons pyn en lyding te wees sodat Hy dit van ons kan wegneem. Hy is vol liefde, genade en medelye vir elkeen van ons. Ons hoef nie bang te wees om ons pyn vir God te gee nie, want ons kan Hom vertrou om teer met ons te wees en ons harte met liefde te hanteer. 



Om oor te gee, beteken ook om ons begeerte na vergelding te laat vaar. Dis natuurlik vir ons om te wil sien dat iemand die gevolge van hul besluite moet dra. Selfs God voel regverdige woede teen sonde en onreg. Ons moet egter aanvaar dat slegs God iemand se hart kan oordeel. Ons kan nie besluit of iemand gestraf moet word of genade moet ontvang nie, en om aan wraaksug vas te hou, gaan ons net verbitterd laat.



Om vrede te vind, moet ons ons kwaad en trots oorgee aan God en fokus op ons eie harte. Om oor te gee, is 'n keuse wat jy maak om jou pyn en jou begeerte om in beheer te wees by God se voete neer te lê en Hom te vra om in jou te werk. Dis om te sê dat ons nie sonder God kan vergewe nie. 



As volgelinge van Jesus is dit 'n daaglikse taak om oor te gee — al wil ons nie. Soms wanneer ons deur vergifnis werk, moet ons vele kere dieselfde seer aan God oorgee. Wanneer ou gevoelens weer na vore kom, vergewe ons weer en weer totdat dit ons nie meer ontstel nie. Met God se genade kan enigiets vergewe word. 



Vergifnis beteken nie dat wat gebeur het, reg was nie. Dit beteken ook nie dat ons daardie mens weer in ons lewe toelaat of toelaat om ons weer seer te maak nie. Dit beteken nie eens dat 'n aangesig-tot-aangesig ontmoeting nodig is nie — die persoon hoef nie eens meer te lewe vir ons om hom of haar te vergewe nie, want dit gaan nie oor hulle nie. Dit is erkenning in 'n oomblik tussen jou en God. Dit is om God te nooi om binne te kom en jou hart gesond te maak.



Staan 'n oomblik af om in gebed een seer waaraan jy vashou, die rede vir hierdie leesplan, vir God te gee. Erken dat jy sy hulp nodig het en Hom vertrou met die uitkoms.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Forgiveness

Baie van ons loop nog rond met wonde van wat mense in die verlede gesê of gedoen het. Ons sukkel gedurig onder die gewig van daardie las, want ons is ongewillig of onseker hoe om te vergewe. Hierdie leesplan gaan nie daa...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid