Leesplan inligting

Veranderde Lewe: VergifnisVoorbeeld

Living Changed: Forgiveness

DAG 1 VAN 6

Vergifnis 



Baie van ons dra swaar aan die las van onvergewensgesindheid. Sommige omdat ons nie weet hoe om te vergewe nie. Ander omdat ons ongewillig is om te laat vaar wat aan ons gedoen of gesê is. Vergifnis beteken nie dat wat gebeur het reg was nie, maar onvergewensgesindheid lei tot bitterheid, woede, haat en trots. As ons nie versigtig is nie, kan die seer van die verlede ons lewe bepaal en ons van binne na buite vernietig. 



Om in die vrede wat Christus vir ons bied te lewe, moet ons leer om te vergewe en die gewig wat ons saam met die seer dra, af te skud. Alhoewel ons natuurlike reaksie is om die ongemak en uitdaging van vergifnis weg te stoot, word ons, as volgelinge van Christus, geroep om dit te hanteer. Wanneer ons deur die dinge in ons verlede saam met God werk, stel dit ons in staat om vorentoe te beweeg. 



Ongelukkig is dit nie 'n eenmalige proses nie. Vergifnis is 'n voortdurende deel van ons lewens. Dis iets waaraan ons daagliks moet werk soos elke nuwe ergernis plaasvind. Werksverhoudings het genade nodig, sodat ons nie in 'n toksiese omgewing werk nie. Die huwelik verg op sy beurt weer 'n voortdurende hoeveelheid nederigheid. Soms moet ons onsself vergewe vir die foute wat ons begaan het, en besef dat ons nie hoef vas te hou aan iets wat God reeds vergewe het nie. 



Die realiteit is dat almal wonde het. Ons almal het seer wat die wêreld om ons inkleur en bepaal hoe ons reageer. Ons kan nie ons pyn as 'n verskoning gebruik vir slegte gedrag nie. Nie terwyl God geduldig vir ons wag om ons seer aan Hom te gee, sodat Hy ons kan genees nie.



Dit kan oorweldigend wees om op ons eie deur ou wonde te werk. Woorde en dade wat seermaak, groot en klein, kan opbou tot iets wat onoorkomelik voorkom. Die waarheid is dat niks vir ons God onmoontlik is nie!



Soos jy deur hierdie leesplan werk, kies slegs een ding wat jy sukkel om te vergewe en hou dit in gedagte. Jy gaan heel moontlik hierdie proses meer as een keer moet volg om al jou wonde te genees — stuk vir stuk en laag vir laag. Jy hoef dit nie alles gelyktydig aan te pak nie. Begin met iets klein en werk na die groter wonde toe.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Forgiveness

Baie van ons loop nog rond met wonde van wat mense in die verlede gesê of gedoen het. Ons sukkel gedurig onder die gewig van daardie las, want ons is ongewillig of onseker hoe om te vergewe. Hierdie leesplan gaan nie daa...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid