Leesplan inligting

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld

Jesus Is Life

DAG 3 VAN 25

Lig Het Ons Duisternis Binnegedring



Met die aanvang van ons wêreld, het God, die Skepper en Woord, die daglig met 'n paar woorde tot stand gebring deur te verklaar: "Laat daar lig wees." Duisternis het verdwyn sodat die "dag" begin bestaan het, en die duisternis is gestuur om te woon in 'n plek genaamd "nag". 



Johannes stel dikwels lig en duisternis teenoor mekaar in sy weergawe van die evangelie. Dit is belangrik om daarop te let dat die Bybel baie keer na ons natuurlike wêreld in simboliek verwys om wat waar is in die geestelike wêreld uit te beeld. Wanneer Johannes dus oor lig praat, verduidelik hy dat die lewe van Jesus die lig van die hele mensdom is! Die Lig het in die duisternis van die mensdom geskyn, maar die duisternis het Hom nie gesien of verstaan nie. 



Kom ons kyk vir 'n oomblik na die aard van fisiese lig.



Wat voorsien lig aan ons? 



Wat lewer die afwesigheid van lig of duisternis? 



Kan duisternis oorwin wanneer dit in die teenwoordigheid van lig is? 



Daar is nie 'n kans nie! Lig oorwin altyd die duisternis! Jesus is die seëvierende, alles-openbarende Lig. Maar wag — moenie dit misloop nie. 



In wie het Jesus sy lig geplaas?



As Christene moet ons sy lig wees! Vir lig om die duisternis te oorwin, moet die lig skyn. Dit kan nie weggesteek word, bedek word deur die dik wolke van ongeloof, vrees, onheilige lewens of ongehoorsaamheid nie. Jesus het verklaar dat ons deur Hom die lig vir die wêreld is (Matteus 5:14)! Dit is tyd dat ons wakker word, opstaan en skyn met lewens wat ons Vader in die hemel verheerlik!



Lig gee ons visie en openbaar aan ons wat voorheen onsigbaar was. Lig gee mense begrip, warmte en krag. Die vyand sal enigiets probeer om ons te mislei en ons daarvan te weerhou om 'n stralende en skitterende Christus-lewe te lei. Ons moet met die swaard van die Woord van God veg deur te leef volgens wat ons daarin lees – in heiligheid, geloof en liefde.



Nadenke: 



Hoe is die lig van Christus in jou gedurende jou daaglikse lewe sigbaar? 



Watter duisternis is daar nog in jou lewe wat aan die lig van Jesus blootgestel moet word? 



Die versoeking is daar om eerder die sluimerknoppie te druk en uit te stel as om iets aan hierdie vrae te doen. Moenie verder sluimer nie. Word wakker. Skud enige oorblywende donkerte af. Lig, lewe en vryheid wag op jou! 



Gebed: 



Ons Vader en Skepper van alles, dankie dat U my u kind gemaak het! U is my visie! U verlig my lewe sodat ek kan verstaan en duidelik kan sien. Sonder U is ek heeltemal verlore. Openbaar aan my enige area waarin ek u lig weerhou. Heilige Gees, vul my volkome. Mag my lewe u heerlikheid openbaar.



*Dit is nou 'n goeie tyd om jou Jesus Is … joernaal te gebruik (of te begin). Skryf jou insigte oor Jesus uit vandag se Bybelgedeeltes neer. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Is Life

Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid